Jes 30:18 verklaar : “En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag”.

Engelse vertaling (NLT) stel dit bietjie anders: “So the LORD must wait for you to come to Him so He can show you His love and compassion. For the LORD is a faithful God. Blessed are those who wait for His help.”

Wow, ons dien waarlik ‘n God wat so groot en vol liefde en “compassion” is – en eintlik sien ons nog net die tippie van die ysberg raak.  Om te dink dat Hy met “ongeduld” vir ons wag om na Hom te kom, net sodat Hy Sy ewige liefde en genade aan ons kan wys!   Dit is hoekom die wêreld verklaar dat die evangelie van Jesus Christus eintlik “to good to be true” is – maar juis wanneer die evangelie nie meer sin maak nie, dan maak dit juis soveel meer sin deur die geloof en openbaar dit juis net soveel meer van hoe groot en awesome ons God en Here is. 

Die Here Jesus wag om jou te hulp te snel – net soos die vader na die verlore seun gehardloop het – maar jy moet die eerste tree gee.   Neem sy belofte aan vandag vir almal wat vermoeid en belas is, om rus by Jesus te vind.   En wag geduldig op Hom en die verlossing wat Hy bring!

1 person likes this post.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *