Terwyl ‘n vrou eendag bid, vra sy:
“Wie is U, Here?”

Hy antwoord haar toe:
“EK IS.”

Maar wie is EK IS?”, vra sy moedeloos.

Sy sagte antwoord het haar gemoed laat volskiet, want sy hoor:
“EK IS Liefde; EK IS Vrede;
EK IS Genade; EK IS Vreugde;
EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe;
EK IS die Lig; EK IS jou Vertrooster;
EK IS Krag; EK IS die Skepper;
EK IS die Alfa en die Omega –
Die Begin en die Einde.”

Met trane in haar oë vra die vrou sag:
“Maar, Here, wie is ek Dan?”

Terwyl God saggies haar trane afvee, fluister Hy in haar oor:
“JY IS MYNE…..”

14 people like this post.

Categories: GeneralInZpired

1 Comment

HERMAN · July 5, 2010 at 12:54 am

MOOI WOORDE .EK HET IN 59 JAAR GEEN ANTWOORD GEKRY NET PYN EN ALTYD ONGELUKIG .MOET SEKER BAIE DOM WEES.
IEMAND ANTWOORD MY AS JY SO VOEL .
VANDAT EK KAN ONTHOU IS EK VERNEDER .OP16 HET EK UIT DIE HUIS GEEPAD .OP 19 KRY EK N MEISIE LIEF EN WORD WEGGEGOOI.EK GEE MOET OP MET DIE LEWE. MOET TROU MAAK MY KINDERS GROOT .HULLE IS ALMAL GETROUD .36JAAR GETROUD MET GEEN LIEFDE VAN MY KANT .OM KINDERS GROOT TE MAAK WAS N DOEL .MY KINDERS IS UIT DIE HUIS .EK HET MY PLIG SOOS N MASJIEN GEDOEN . EK HET GEEN DOEL MEER OOR OP HIERDIE AARDE .EK HET ALTYD GEWONDER WAT DOEN EK HIER .NADAT EK VIR 6JAAR SONDER WERK SIT AGV MY GESONDHEID ,HET EK BAIE TYD AS EK VIR DIE PLAFON LE EN KYK OM TE DINK.JAMMER DAT EK JULLE SKOK MAAR HIERDIE IS DIE WERKLIKE LEWE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *