Kliek hier vir Deel 1 – Inleiding
Kliek hier vir Deel 2 – Die noodsaaklikheid van die viering van die Fees

DIE AGTSTE DAG

En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het JESUS gestaan en uitgeroep en gesê: “HY WAT IN MY GLO, SOOS DIE SKRIF SÊ, STROME VAN LEWENDE WATER SAL UIT SY BINNESTE VLOEI” (Joh 7:37-38).

Maar die groot dag was die agtste dag van die Loofhuttefees. Maar hoekom het hierdie Fees, in teenstelling met al die ander feeste in Israel, twee Sabatte ingesluit – ‘n agtstedag? Om ‘n antwoord hierop te vind, moet ons vêr in die verlede gaan soek.

Aan die begin van hulle nasieskap het God aan die volg van Israel opdragte gegee ten opsigte van die feeste wat hulle moes hou. Slegs drie van die vele feeste en vasdae was verpligtend:
• Paasfees (‘n fees van verlossing)
• Fees van weke (“Shavuot” fees van die eerstelinge van die oes)
• Succot (Loofhuttefees)
Van hierdie drie was “Succot” die belangrikste – ‘n tyd van groot seën en vreugde.

Die opdrag ten opsigte van die instelling van Succot is op ‘n baie eienaardige tydstip aan Israel gegee – terwyl hulle 40 jaar lank in die son-geteisterde Sinai woestyn rondgeswerf het. ‘n Fout? ……. nee!! Dit het hulle geloof versterk dat God hulle, volgens Sy belofte, tog na ‘n land wat “oorloop van melk en heuning” sou bring. ‘n Plek wat uiters geskik sou wees vir die viering van die insameling van die oes. Succot was dus ‘n profetiese fees. Dit het plaasgevind aan die begin van die landboukundige jaar wanneer die eerste gebede vir reën opgegaan het; reën wat, in die Midde-Ooste, die verskil tussen lewe en dood, tussen ‘n oes en hongersnood, kan beteken.

Toe Israel eindelik die Beloofde land bereik, het die vol hierdie fees gevier gedurende die warm, stil dae van die herfstyd terwyl die aarde besig was om te sink in ‘n tyd van rus na ‘n tyd van vrugbaarheid. Vir ‘n kort oomblik het die mense vergeet van die lang dae van swaarkry en met dankbare harte gejuig oor God se voorsienigheid vir die winter wat voorgelê het.

Uit alle dele van die land het hulle in vreugdevolle groepies opgekom na Jerusalem om hulle geskenke na die huis van die Here te bring. Niemand mag met leë hande gekom het nie.

In die stad het elke gesin sy “Succa” of hut gebou van die takke van die palm, mirte en die wilgerboom. Hier het die mans vir sewe dae geslaap. Terwyl hulle so deur die blare en takke na die menigte sterre kyk, het hulle die woorde van die Psalmdigter herhaal: “Ek wil sing tot eer van die Here omdat Hy aan my goed gedoen het.” (Ps 13:6). Bedags het die vroue en kinders by die mans aangesluit vir die maaltye in die “succa” en om hulle bevryding van die slawerny in Egipte te herdenk. Dan het elke man ‘n “lulav” gemaak. Dit was takke van die pal, mirte en wilgerboom wat aan mekaar gebind is en ‘n “ertog” die mooiste van alle sitrusvrugte. Dit het hy dan gedurende die fees gedra.

Die belangrikheid van die Loofhuttefees, in teenstelling met die Paasfees en die Fees van Weke, is deur min Christene besef. Hierdie fees is egter van diepgaande betekenis, gesien in die lig van die toekomstige heerskappy van die Messias. Dit was gedurende hierdie fees dat Salomo sy groot Tempel in Jerusalem ingewy het, en die manifestasie van God se glorie so oorweldigend was, dat die priesters nie kon bly staan nie.

Die Jode wat in Babilon in ballingskap was, het na Israel teruggekeer, gelei deur Serubbabel, en is weer opnuut deur Esra onderrig in die Skrif tydens “Succot”. Later het die Pelgrimsvaders van Amerika, geïnspireer deur hierdie Fees, ‘n dag van “Danksegging” ingestel.

Deel 4 – Die koms van Jesus – Beskikbaar op 25 Junie @12:00

1 person likes this post.

Categories: InZpired

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *