{"id":1138,"date":"2009-10-21T11:10:38","date_gmt":"2009-10-21T09:10:38","guid":{"rendered":"http:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=1138"},"modified":"2009-10-25T06:58:02","modified_gmt":"2009-10-25T04:58:02","slug":"halloween-reg-of-verkeerd-right-or-wrong","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.galmin.co.za\/?p=1138","title":{"rendered":"HALLOWEEN &#8211; Reg of verkeerd?"},"content":{"rendered":"<p><strong><a href=\"https:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=1140\">(Click here for English version):<\/a> <\/strong><\/p>\n<p>Jy het seker ook al gewonder of Halloween reg of verkeerd is? Daar is stories in omloop dat Halloween duiwels is. Vir baie kinders is dit egter n prettige aand waarop hulle kostuums en maskers aantrek en met \u2018n trick-or-treat, \u2018n vet klomp lekkers in die hande kry! Hulle voel dat ouers net pret uit hul lewens wil wegneem en\/ of dat daar maar weer net \u02dcn duiwel agter elke bos uitgeskop word.<\/p>\n<p>Maar wat is die feite? Waar kom Halloween vandaan en hoe moet jongmense wat kinders van die Here is daaroor dink?<\/p>\n<p><strong>WAAR KOM HALLOWEEN VANDAAN?<\/strong><br \/>\nHalloween het sy oorsprong by \u02dcn fees van die Druide. Die Druide was \u02dcn geheime heidense organisasie of Orde wat beheer uitgeoefen het oor die Kelte wat destyds in die Britse Eilande en Galie (Wes-Europa) gewoon het.<\/p>\n<p>Hierdie fees het op die aand van 31 Oktober plaasgevind. Dit was die tyd van die jaar waar die winter vir hulle begin het, die dae dus korter en die donkerte meer geword het. By hierdie fees is Samhain, die heer of demoon van die Dood, <!--more-->dan vereer. Daar is geglo dat die dooies op hierdie dag uit hulle grafte sou opstaan en dat magte van die duisternis en die hel ook losgelaat sou word om fees te vier oor die duisternis en die dood, alles ter ere van Samhain, die heer of demoon van die Dood. Dit was dus \u02dcn fees van donkerte, duisternis, die dood en die duiwel.<\/p>\n<p><strong>Hoe om halloween-gebruike te verstaan?<\/strong><br \/>\nNoudat \u02dcn mens verstaan waar Halloween vandaan kom, kan \u02dcn mens die gebruike rondom Halloween en hul betekenisse ook beter verstaan.<\/p>\n<p>Simbole en versierings van die dood<br \/>\nOmdat Samhain, die heer van die Dood, tydens Halloween vereer word, speel simbole van die dood tydens Halloween so \u02dcn groot rol. Doodskiste, grafstene, geraamtes, kopbene met gekruiste beendere, geeste, mummies en begraafplase is algemene versierings tydens Halloween.<\/p>\n<p><strong>\u02dcTrick-or-treat<\/strong><br \/>\nDaar is geglo dat die dooies op hierdie dag uit hulle grafte sou opstaan en oor die aarde sou rondswerf in \u02dcn poging om uit te kom by die huise waar hulle voorheen gebly het. Uit vrees dat die geeste hul vee sou doodmaak en hul eiendom sou vernietig, sou die bang dorpenaars hierdie wandelende geeste gevolglik tevrede wou stel deur geskenke van vrugte en neute vir hulle te gee. Dit is na bewering die oorsprong van die huidige \u02dctrick-or-treat.<\/p>\n<p>Trick-or-treat word ook na \u02dcn ander gebruik rondom die fees herlei. Die Druide priesters sou na bewering op 31 Oktober van huis na huis beweeg en ongewone kos vra wat hulle of self sou eet of later aan Samhain, die heer of demoon van die Dood, sou offer. Indien die dorpenaars nie die treat sou voorsien nie, sou die Druide priesters \u02dcn vloek of trick oor hulle uitspreek.<\/p>\n<p><strong>Jack-O-Lantern<\/strong><br \/>\nSoos wat die Druide priesters van huis na huis beweeg het, sou hulle \u02dcn groot uitgeholde raap met \u02dcn uitgekerfde gesig aan die voorkant en \u02dcn brandende kers aan die binnekant met hulle saamdra. Enersyds sou dit as lig of lantern dien. Andersyds sou dit die demoniese gees voorstel op wie se kragte hulle sou staatmaak.<\/p>\n<p>Toe hierdie gebruik in die 18de en 19de eeu na Amerika toe oorgewaai het, was hierdie groot rape nie inheems aan Amerika nie. Die groot rape is hier met pampoene vervang. Die naam van die gees wat in die groot raap sou woon, was Jack. In Amerika het dit later bekend geword as Jack wat in die lantern woon, of dan Jack-O-Lantern.<\/p>\n<p><strong>Duiwelse kostuums en maskers<\/strong><br \/>\nDie dorpenaars sou hulle op die dag beskerm teen die losgelate magte van die duisternis en die hel wat wild sou feesvier oor die duisternis en die dood. Hulle het dit gedoen deur hulle te vermom met maskers en kostuums, sodat hulle net soos die bose magte sou lyk en dus nie deur hulle geteister sou word nie. Dit is na bewering die oorsprong van die duiwelse kostuums en maskers wat met Halloween verbind word.<\/p>\n<p><strong>Hoe het halloween in die kerk ingekom?<\/strong><br \/>\nToe Konstantyn die Grote, Keiser van die Romeinse Ryk in die 4de eeu nC, die Christelike geloof aangeneem het, het hy beveel dat al sy onderdane dit ook moes doen of dat hulle doodgemaak kon word. Die kerk was dus deur mense oorstroom, waarvan baie nog heidene was. So het hulle ook hul heidense gebruike saam met hulle in die kerk ingebring. Omdat die kerk nie daarin kon slaag om sommige van die heidense gebruike uit die kerkmense uit te kry nie, is besluit om sommige daarvan op een of ander wyse kerklik aanvaarbaar te maak.<\/p>\n<p>So het die Pous in die 19de eeu aangekondig dat al die gestorwe martelare op 1 November vereer moet word. Dit het bekend gestaan as All Saints Day. Die vorige aand het bekend geword as die Eve of All Saints Day. Op die manier het die kerk toegelaat dat sy kerkmense op 31 Oktober fees kon vier, aangesien 1 November \u02dcn heilige dag was.<\/p>\n<p>Die mis wat op 1 November gehou word, staan bekend as All Hallowmass. Oor die jare het die vorige aand van 31 Oktober bekend geraak as All Halloween Eve. Hieruit het die volgende benaminge ontwikkel: All Hallowed Eve, All Halloween en en uiteindelik Halloween.<\/p>\n<p>Ongeag wat die kerk oor die feestelike dag of aand s\u00ea, kan dit nie van sy oorspronklike wortels losgemaak word nie.<\/p>\n<p><strong>Hoe moet christene dan oor halloween dink?<\/strong><br \/>\n\u2019n Kind van die Here wat die Here bo alles liefhet en Hom nommer een in sy lewe wil maak, sal die volgende moet onthou:<br \/>\nHalloween het \u02dcn heidense oorsprong waar die magte van die dood en die duisternis, m a w die duiwel en sy duiwelse magte, vereer word.<br \/>\nDie Fees van Samhain word deesdae deur Sataniste die Fees van die Dood genoem. Anton Lavay, die skrywer van die Sataniste Bybel, so dan ook dat Halloween, 31 Oktober, die belangrikste aand van die Sataniste is. Sekere Satanistiese rituele word op hierdie dag nagekom. Sataniese vloeke word teenoor Christene, kerke en families uitgespreek. Diere (veral swart katte) en mense (veral jong kinders) word veral ook op hierdie dag aan Satan geoffer, waarna die bloed van die geofferde diere en mense gedrink word. Op sekere plekke laat die DBV dan ook nie swart katte aanneem tot na Halloween nie.<\/p>\n<p>31 Oktober is dus nie \u02dcn aand waar jong kinders, veral jong meisies, op sekere plekke alleen op straat moet wees nie!<br \/>\nHalloween is dus ernstige besigheid vir Sataniste en Sataniese hekse. Wanneer kinders dan deelneem aan die gebruike van Halloween, neem hulle onnadenkend deel aan die verering van die Sataniese magte! Doreen Irving, wat die hoofheks in Wes-Europa was, s\u00ea: \u201cIf Christian parents had any idea of what Halloween REALLY is, they would not even mention the word around their children.\u201d<br \/>\nDie Here noem pertinent dat sy kinders van die duiwelse dinge en die duiwel self moet wegbly (Dt 18:9-14; Lv 19:26, 31; Jak 4:7; 1 Pt 5:8-9). Moenie kyk hoe naby jy die duiwel aan jou kan laat kom nie. Kyk liewers hoe ver jy van hom af kan wegbly! Anders kan jy dalk onbedoeld die duiwel, die brullende leeu (1 Pt 5:8), vermom soos \u00e2\u20ac\u02dcn engel van die lig (2 Kr 11:14), in jou lewe inlaat. Partykeer is \u201conskuldige\u201d duiwelse speletjies juis die toegangspoort waardeur die duiwel \u02dcn groot houvas op jou kan kry. Dit het al met baie mense gebeur.<\/p>\n<p>As jy daarom \u02dcn kind van die Here is wat Hom bo alles liefhet, moet jy onthou dat Hy jou onverdeelde lojaliteit vra: \u201cEk, die Here jou God, vereis onverdeelde trou aan My\u201d (Eks 20:5). In Jakobus 4:4 staan daar ook: \u201cWie \u02dcn vriend van die w\u00eareld wil wees, wys daarmee dat hy \u02dcn vyand van God is.\u201d \u02dcn Mens staan in hierdie lewe in \u02dcn liefdesverhouding met of die Here of die duiwel. Daar is nie \u02dcn tussenposisie nie. As jy \u02dcn kind van die Here is, het jy al gekies met wie jy in \u02dcn liefdesverhouding wil lewe. Doen dit, elke dag!<br \/>\nDie Here gun dit vir jou om \u02dcn mooi en gelukkige mens te wees (Gn 1:31). Dit kan ons alleen doen as ons voluit vir Hom lewe. In Psalm 37:4 staan daar byvoorbeeld: \u201cVind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.\u201d Ons kan daarom nie die mooiheid en vreugde van ons menswees beleef as ons met die een hand aan die Here en met die ander aan duiwelse dinge vashou nie.\u00a0 <em><strong>(Lees ook veral die volgende gedeelte in Engels).<\/strong><\/em>\u00a0<\/p>\n<p><em><strong>Beskikbaar gestel deur Past&#8217;s Bertus en  Marouda de Jager from Marouda Conferences in Pretoria. <\/strong><\/em><\/p>\n<div class='wp_likes' id='wp_likes_post-1138'><a class='like' href=\"javascript:wp_likes.like(1138);\" title='' ><img data-recalc-dims=\"1\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.galmin.co.za\/blog\/wp-content\/plugins\/wp-likes\/images\/like.png?w=750&#038;ssl=1\" alt='' border='0'\/><\/a><span class='text'>Be the first to like.<\/span><\/p>\n<div class='like' ><a href=\"javascript:wp_likes.like(1138);\">Like<\/a><\/div>\n<div class='unlike' ><a href=\"javascript:wp_likes.unlike(1138);\">Unlike<\/a><\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>(Click here for English version): Jy het seker ook al gewonder of Halloween reg of verkeerd is? Daar is stories in omloop dat Halloween duiwels is. Vir baie kinders is dit egter n prettige aand waarop hulle kostuums en maskers aantrek en met \u2018n trick-or-treat, \u2018n vet klomp lekkers in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"jetpack_post_was_ever_published":false,"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"enabled":false},"version":2}},"categories":[6],"tags":[329,328,330],"class_list":["post-1138","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-inzpired","tag-blood-sacrifices","tag-halloween","tag-trick-or-treat"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_shortlink":"https:\/\/wp.me\/p9rp4V-im","jetpack-related-posts":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1138","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1138"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1138\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1150,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1138\/revisions\/1150"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1138"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1138"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1138"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}