{"id":1446,"date":"2010-12-20T09:47:22","date_gmt":"2010-12-20T07:47:22","guid":{"rendered":"http:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=1446"},"modified":"2010-12-20T09:49:38","modified_gmt":"2010-12-20T07:49:38","slug":"die-maak-van-%e2%80%98n-gelofte-vervolg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.galmin.co.za\/?p=1446","title":{"rendered":"Die maak van \u2018n gelofte (vervolg):"},"content":{"rendered":"<p>Weereens wil ek dit onomwonde stel dat ek die grootste respek en waardering het vir mense se geloof en oortuigings, en dat die skrifontleding nie ten doel het om mense aan te val nie, maar bloot om lering vanuit die Woord van God uit te lig.\u00a0 Ek glo in die Skrif wat die volgende verklaar:<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em>\u201cDie hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus\u201d.<\/em><\/strong> <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">(2Ti 3:16-17) <\/span><\/strong><\/li>\n<li><strong><em>\u201cMy volk <\/em><\/strong><strong><em>gaan te gronde weens gebrek aan kennis;\u2026.<\/em><\/strong><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">(Hos 4:6)<\/span><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Die feit dat ek sekere kerk tradisies en geloofsartikels en die viering van spesifieke dae vanuit ons geskiedens bevraagteken, beteken nie dat ek \u2018n verraaier of minder Afrikaner bloed in my het nie.\u00a0 Inteendeel, ek het \u2018n verwagting in die Here Jesus om vir Hom \u2018n nuwe volk in Suid Afrika bymekaar te maak wat Hom in Gees en Waarheid sal soek en aanbid vir wat en wie Hy is en nie volgens oorleweringe en ou tradisies nie.\u00a0 \u2018n Bruid wat die onderskeidingsvermo\u00eb het om te kan onderskei tussen reg en verkeerd en wat bereid is om te dien en nie gedien te wil word nie.\u00a0 \u2018n Bruid wat die opdrag van God duidelik verstaan en bereid is om die boodskap van versoening (Rom 5) ook na alle nasies sal uitdra.\u00a0 Ongelukkig is dit so dat die Kerk haar onderskeidingsvermo\u00eb verloor het en volg allerhande \u201cgimmicks\u201d na in plaas van die Gees van die Here.\u00a0<\/p>\n<p>U sal ook opmerk dat ek baie vrae stel \u2013 juis met die doel daarmee om nuwe denke te stimuleer en sodat uself u eie antwoorde daarvan kan ondersoek en vind. \u00a0<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Hoe staan die saak met die viering van Geloftedag op 16 Desember<\/span><\/strong><\/p>\n<p><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">Die Gelofte van 16 Desember (volgens Wikipedia): <\/span><\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong><em>\u201cHier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde <span style=\"text-decoration: underline;\">om \u0149 gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy: <\/span>ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as \u0149 dankdag soos \u0149 Sabbat sal deurbring; en dat ons \u0149 huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,en dat ons ook aan ons kinders sal s\u00ea dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee\u201d.<\/em><\/strong><\/p>\n<p>Ek glo die Voortrekkers wat die gelofte gemaak het, het vas in God geglo \u2013 nie net vir hul uitkoms op die dag nie, maar vir elke dag voor die tyd asook na die tyd.\u00a0 In dieselfde konteks soos\u00a0in Deel\u00a01\u00a0bespreek, kan ons dan ook die gelofte wat op die dag van Bloedrivier gemaak was so ontleed.\u00a0 Die spesifieke groep Voortrekkers het:<\/p>\n<ul>\n<li>Die gelofte met God gemaak;<\/li>\n<li>Dit was voorskriftelik en het sekere verwagtinge gestel;\u00a0<\/li>\n<li>Dit was gemaak tydens spesifieke omstandighede van groot vrees en nood;<\/li>\n<li>Daar was \u2018n baie duidelike vyand ter sprake;<\/li>\n<li>En dit het \u2018n teen-prestasie ingesluit \u2013 wat nie net op hulself nie, maar ook aan hulle nageslag verbind was.\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u00a0En geskiedenis stel die feite dat God se naam verheerlik is en dat Sy Woord getrou is \u2013 <strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">vir die wat in Hom glo!<\/span><\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Die probleem wat bestaan romdom Geloftedag vandag (reeds die afgelope 30 jaar): <\/span><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Het te veel polities geraak waar die regerende party deur die opposisie partye (en vice versa) as die vyand afgemaak is in toesprake op sodanige vierings;<\/li>\n<li>Dat kerkgroepe en individuele faksies ook die dag gebruik om persoonlike agendas te verkondig en die massas probeer opsweep teen die \u201cvyand\u201d in die land terwyl bitter min dank aan God gebring word ter herinnering van die groot verlossing wat God bewerkstellig het aan di\u00e9 wat in Sy Naam geglo het;\u00a0\u00a0\u00a0<\/li>\n<li>Die Voortrekker Monument wat opgerig is jare later ter herdenking van die slag van Bloedrivier is deur die Vrymesselaars gekaap en is niks anders as \u2018n altaar van son aanbidding nie.\u00a0 Dit is nie &#8216;n &#8220;huis&#8221; in die sin van &#8216;n kerkgebou waar gereeld dienste tot eer van God gehou word nie. Baie kerkleiers is deeglik hiervan bewus maar verkies om die feite te ignoreer;<\/li>\n<li>\u2018n Persoonlike bekommernis wat ek koester rondom die spesifieke gelofte (soos verkry op die Webblad), is dat daar so in die algemeen na die God van hemel en aarde verwys word en n\u00earens word Jesus Christus se Naam vermeld nie.\u00a0 Dit wil vir my voorkom asof die gelofte afgel\u00ea is in die \u201cafwesigheid\u201d van God \u2013 asof Hy nie in hul midde was nie want hulle het Hom nie direk geadresseer nie.\u00a0 Die Skrif leer ons tog dat ons alles in die Naam van Jesus Christus moet vra.\u00a0 \u00a0\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>By die pas afgelope Geloftedag viering by die Voortrekker Monument, het Ds Thomas Dreyer van die Hervormde Kerk (Wapadrand) gevra of die Geloftedag nog relevant is.\u00a0 Miskien moes die vraag gewees het: <em>Is die Gelofte wat afgel\u00ea is enigsins skriftuurlik en kan dit op ons vandag van toepassing gemaak word? <\/em><\/p>\n<p><span style=\"text-decoration: underline;\">Die vraag word dus nou pertinent gevra:\u00a0 <\/span><\/p>\n<p>Kan iemand \u2018n gelofte aan God doen en dan sy en ander mense se nageslag (wat eintlik geen deel hieraan het nie) vasmaak om dit deur die geslagte te <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">MOET <\/span><\/strong>vier?\u00a0 Terwyl <!--more-->Jesus ons kom verlos het van die Wet, hoe kan ons dan onder \u2018n nuwe mensgemaakte wet (gelofte) verplig staan? \u00a0Is dit werklik op alle Afrikaners van toepassing, of net op die nageslag van die Voortrekkers wat die gelofte gemaak het?\u00a0<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Skrif verklaar die saak soos volg: <\/span><\/strong><\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Num 30:2<\/span><\/strong>\u00a0 <strong><em>As iemand aan die HERE \u2018n gelofte doen of \u2018n eed sweer <span style=\"text-decoration: underline;\">waardeur hy homself verbind<\/span> om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.<\/em><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Ecc 5:4\u00a0 (5:3)<\/span><\/strong> <strong><em>As jy \u2018n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.<\/em><\/strong>\n<ul>\n<li>Volgens die skrifte word slegs die een wat die gelofte maak daaraan verbind.\u00a0<\/li>\n<li>Nerens sien ek dat \u2018n verpligting op \u2018n volk en di\u00e9 se nageslag geplaas is agv een man\/groep se gelofte wat hy\/hulle gemaak het nie.\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hoekom is sommige Suid Afrikaners so gesteld om die Geloftedag te vier wat deur \u2018n ander persoon vir \u2018n spesifieke groep mense se nood uitgeroep is; <strong><em>terwyl hulself nie die gelofte van ewige trou (wat hulself wel voor God gedoen het) aan hul vrouens \/mans wil nakom nie?<\/em><\/strong> \u00a0Voornoemde dan gesien teen die agtergrond dat Suid Afrika een van die hoogste egskeidingsyfers in die w\u00eareld het.\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li>Aan die uitkoms van Bloedrivier kan ek en jy niks meer maak nie \u2013 ons dank God daarvoor;<\/li>\n<li>Maar aan die gelofte voor God oor ons huwelik en huweliksmaat \u2013 daaraan kan en moet ons nog baie doen (elke dag) en sodoende die daaglikse meelewing daarvan positief beinvloed.\u00a0<\/li>\n<li>Gaan God ons as mans\/vrouens nie eendag eerder oordeel op grond daarvan hoe ons, ons huwelike en kinders benader het nie?\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u00a0<strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Miskien moet ons dan eerder \u2018n Versoeningsdag uitroep: (een spesifiek vir die Kerk): <\/span><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Waar kerkgroepe en leiers oor kerkgrense heen kan versoen en kan saamstaan teen die ware vyand vir ons land \u2013 die bose geeste en magte in die lug wat in mense werksaam is.\u00a0 <\/strong><\/li>\n<li><strong>Waar ons as <span style=\"text-decoration: underline;\">Suid Afrikaners<\/span> onsself kan verootmoedig voor God en ons sondes bely sodat Hy ons land kan genees; \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0<\/strong>\n<ul>\n<li><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">2Ch 7:14-15<\/span><\/strong>\u00a0 <strong><em>if my people who are called by my name humble themselves, and pray and seek my face and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven and will forgive their sin and heal their land.<\/em><\/strong> <strong><em>Now my eyes will be open and my ears attentive to the prayer that is made in this place.<\/em><\/strong> \u00a0<\/li>\n<li>Vers 15 verklaar die tipe gebed en verootmoediging waarna die Here wil luister.\u00a0<\/li>\n<li>\u00a0Het jy geweet die woord \u201cRevival\u201d is in die engelse weergawe van die teks vasgevang?<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li>Waar ons gaan ophou om klippe na mekaar te gooi oor spesifieke oortuigings en wat net verdeeldheid bring, terwyl die Here Jesus se gebed spesifiek was dat ons as Kerk EEN sou wees.\u00a0 Dat ons in eenheid teen die magte van die bose kan saamstaan.\u00a0 \u00a0\n<ul>\n<li>Ek wonder hoeveel dedicated kinders van die Here gaan hiervoor wil opstaan.<\/li>\n<li><strong><em>Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.<\/em><\/strong> Rom 8:19\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Volgens die Nuwe Testament<\/span><\/strong> is daar niemand wat \u2018n gelofte afgel\u00ea het behalwe Paulus en vier ander manne wat die Nasire\u00ebr gelofte nagevolg het.\u00a0 Inteendeel, Christus het die volk se navolg van ou tradisies en sekere leringe sterk aangespreek.\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em>\u201cEn Hy antwoord en s\u00ea vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.<\/em><\/strong> (<strong>Mar 7:6<\/strong><strong>-7)<\/strong><\/li>\n<li><strong><em>\u201cSo maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.<\/em><\/strong> <strong>(Mar 7:13)<\/strong>\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>Alhoewel sekere manne (en vroue) in die Ou Testament \u2018n spesifieke gelofte met God gesluit het, is dit eintlik teen die grein van die Woord van God, veral volgens die Nuwe Testament.\u00a0 Vanaf Genesis tot in Openbaring is dit tog duidelik dat <strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">God met die mens <\/span><\/em><\/strong>\u2018n verbond sluit \u2013 \u2018n gelofte afl\u00ea \u2013 om die mens (soos Abraham) te se\u00ebn. Al die voorbeelde in die Woord verklaar dit ook so: Noag, Abraham, Israel; ens.\u00a0<\/p>\n<p>Die hele verlossingsplan deur die bloed van Christus is juis so \u2018n voorbeeld waar God die verlossing bewerkstellig deur Sy genade <strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">sodat die mens geen aandeel hierin kan h\u00ea om in te kan roem nie<\/span><\/em><\/strong><span style=\"text-decoration: underline;\">.<\/span>\u00a0 Ek wil dit onomwonde verklaar dat indien die Verlossingswerk van Christus sou plaasgevind het as gevolg van \u2018n gelofte wat die mens aan God gemaak het \u2013 dan was dit vandag nutteloos en kragteloos en sou die mens daarin kon roem dat hulle hul eie verlossing bewerkstellig het deur die gelofte af te l\u00ea.<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Kom ons vra die vrae:<\/span><\/strong>\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li><em>Sal God die Voortrekkers ook beskerm en verlos het teen die Zoeloes terwyl hulle net Sy Naam om hulp aangeroep het, en <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">geen gelofte<\/span><\/strong> afgel\u00ea het nie<\/em>?\n<ul>\n<li>Ja, ek glo beslis want God is nog steeds getrou. \u00a0\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li><em>Het God hulle verlos <span style=\"text-decoration: underline;\">juis omdat<\/span> hulle die gelofte afgel\u00ea het?<\/em>\u00a0\n<ul>\n<li>Nee geensins, want God stel nie belang in ons ydele teenprestasies nie.\u00a0 Hy verlos omdat Hy kan en wil en instaat is om die onmoontlike, moontlik te maak.\u00a0<\/li>\n<li>Daar is so baie voorbeelde uit die Ou Testament waar God Sy volk verlos het in omstandighede wat net eenvoudig nie moontlik was nie \u2013 soos Gideon met die 300 manne en Koning Josafat, ens<\/li>\n<li>God werk met geloof (\u201cand submission\u201d) en nie met ons teen-prestasies en beloftes nie.\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ons staan dan juis in Sy nuwe verbond wat verse\u00ebl is met die bloed van Christus en waardeur Hy ons beskerm en voorsien.\u00a0 Koning Dawid was gereeld op vlug voor sy vyande maar ek sien nie enige gelofte wat hy afgel\u00ea het nie, maar het wel baie keer uitgeroep in benoudheid soos volg:<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em>Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.<\/em><\/strong> (Psa 120:1)\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hoekom moet ons God dan iets belowe terwyl Hy reeds die beloftes aan ons gegee het?<\/p>\n<ul>\n<li><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">2Co 1:20<\/span><\/strong>\u00a0 <strong><em>Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.<\/em><\/strong><\/li>\n<li><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Heb 11:6<\/span><\/strong>\u00a0 <strong><em>En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan,<\/em><\/strong> <strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">moet glo dat Hy is <\/span>en \u2018n <span style=\"text-decoration: underline;\">beloner is van die wat Hom soek.<\/span><\/em><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Wanneer ons \u2018n gelofte met God wil sluit om die uitkoms van \u2018n saak te verseker, tree ons nie dalk op vanuit \u2018n posisie van ongeloof en twyfel nie?\u00a0 Wanneer twee mense bid, kan die een bid uit &#8216;n posisie van oorwinning terwyl die ander een uit &#8216;n posisie van nederlaag (defeat) dieselfde gebed bid &#8211; al is beide in dieselfde situasie.\u00a0 En ek is baie deeglik bewus van omstandighede waar vrees jou wil beetpak en jy aan jou eie geloof en roeping begin twyfel\u00a0 &#8211; of dit sterk genoeg is.\u00a0\u00a0 Daarom probeer ons om God se arm te draai met verdere beloftes en soms selfs dreigemente.\u00a0 Ons probeer met Hom bargain soos Jakob.\u00a0 <em>And I have been there, done it, got the T-shirt,etc.<\/em>\u00a0<\/p>\n<p>God sluit \u2018n verbond met Noag, Abraham en Sy volk asook met ons as kinders van God (Nuwe Verbond) <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">deur geen voorvereiste <\/span><\/strong>aan ons te stel nie, behalwe:<\/p>\n<ul>\n<li>Geloof in God (en ook om Hom ten volle te vertrou).\u00a0<\/li>\n<li>Wedergeboorte\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>Christus draai hierdie scenario van die geloftes (bargaining ) van die mens met God op sy kop. Inteendeel, God stel al die voorskrifte vir Homself op \u2013 dit wat Hy sal doen as deel van die verbond wat Hy met ons as mens sluit.\u00a0 En elke verbond se volbringing \u2013 om dit geldig te maak \u2013 het gepaard gegaan met \u2018n offer (sacrifice) as bewys van Sy eed tot die saak.\u00a0 Christus is dan ook die volmaakte offer om God se verbond met ons te verse\u00ebl.\u00a0 Maw, ons het \u2018n volmaakte verbond van God af met ons asook die volmaakte verse\u00ebling (offer) met die bloed van Christus.\u00a0<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Waar die mens eers verklaar het:<\/span><\/strong> <strong><em>\u201cAs U\u2026..\u201d<\/em><\/strong><\/p>\n<p>Nou kom die Here Jesus en verklaar aan ons:\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">As julle<\/span><\/em><\/strong><strong><em> iets in My Naam vra<\/em><\/strong>\u2026.<strong><em>sal Ek dit doen<\/em><\/strong>. (Joh 14).\u00a0<\/li>\n<li>Hy plaas die verantwoordelikheid \u00a0weer terug op ons as mens om die eerste deel na te kom\u00a0 &#8211; omdat God altyd getrou is om Sy deel te bring.\u00a0\u00a0<\/li>\n<li>En Hy het reeds alles vir ons volbring.\u00a0 Al wat oorbly is om te glo en die Here Jesus te vertrou in alles en vir alles in ons lewens.\u00a0 Daar word nie van ons verwag om \u2018n gelofte te moet afl\u00ea om die arm van die Here te moet draai nie.\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die kruisdood van Christus <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">was<\/span><\/strong> en <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">is volmaak<\/span><\/strong> en ons ontvang die volle genade en se\u00ebning van God.\u00a0 Die genade van God is \u2018n geskenk \u2013 jy kan dit nie verdien nie en nog minder daarvoor bargain.\u00a0 Die Here Jesus is ook nie \u2018n aannemer van die persoon nie \u2013 niemand is beter as die ander nie. Solank as wat jy met Christus beklee is, <strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">is jy \u2018n volle erfgenaam en \u2018n gese\u00ebnde in die Here: <\/span><\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong><em>\u201cDie wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder \u2018n tugmeester nie. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.<\/em><\/strong> <strong>(Gal 3:24-29)<\/strong><\/p>\n<p>Die Here is deeglik bewus van jou saak en situasies \u2013 elke dag \u2013 elke minuut.\u00a0 Soms bid ons en wil vir die Here vertel van ons eie situasies asof Hy nie bewus is van ons nie, of dalk nie omgee nie.\u00a0 Weereens, indien jy \u2018n wedergebore kind van God is en Hom liefhet met jou hele hart, dan is jy spesiaal in Sy o\u00eb en IS Hy ten volle bewus van jou daaglikse situasies.\u00a0\u00a0 Elke nuwe dag en nuwe \u201cchallenges\u201d bevat alreeds genoeg genade en beskutting van ons Vader.\u00a0 Ons geloof moet dan ook van so \u2018n aard wees om dit te glo wat ons vra in die Naam van Jesus Christus, dan ook so sal wees.\u00a0 Christus is \u2018n beloner van di\u00e9 wat Hom soek in geloof.\u00a0<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Ander Skrifontledings: <\/span><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0<strong><em>Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose<\/em><\/strong><strong><em>.<\/em><\/strong><strong>( 2Th 3:3)\u00a0 <\/strong><\/li>\n<li><strong><em>Geen versoeking het julle aangegryp behalwe \u2018n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.<\/em><\/strong><strong>(1Co 10:13)\u00a0 <\/strong><\/li>\n<li><strong><em>Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.<\/em><\/strong><strong>(1Pe 5:6-7)<\/strong>\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u00a0<strong><em>Past Eric Heath is the President of Galilee International Ministries (SA) in Pretoria and is available to lecture or minister on specific subjects as required. He can be contacted through this website. <\/em><\/strong><\/p>\n<div class='wp_likes' id='wp_likes_post-1446'><a class='like' href=\"javascript:wp_likes.like(1446);\" title='Like' ><img data-recalc-dims=\"1\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.galmin.co.za\/blog\/wp-content\/plugins\/wp-likes\/images\/like.png?w=750&#038;ssl=1\" alt='' border='0'\/><\/a><span class='text'><b>5<\/b> people like this post.<\/span><\/p>\n<div class='like' ><a href=\"javascript:wp_likes.like(1446);\">Like<\/a><\/div>\n<div class='unlike' ><a href=\"javascript:wp_likes.unlike(1446);\">Unlike<\/a><\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Weereens wil ek dit onomwonde stel dat ek die grootste respek en waardering het vir mense se geloof en oortuigings, en dat die skrifontleding nie ten doel het om mense aan te val nie, maar bloot om lering vanuit die Woord van God uit te lig.\u00a0 Ek glo in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"jetpack_post_was_ever_published":false,"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"enabled":false},"version":2}},"categories":[6],"tags":[],"class_list":["post-1446","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-inzpired"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_shortlink":"https:\/\/wp.me\/p9rp4V-nk","jetpack-related-posts":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1446","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1446"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1446\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1449,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1446\/revisions\/1449"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1446"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1446"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1446"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}