{"id":1479,"date":"2011-02-21T16:12:28","date_gmt":"2011-02-21T14:12:28","guid":{"rendered":"http:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=1479"},"modified":"2011-02-21T16:12:28","modified_gmt":"2011-02-21T14:12:28","slug":"professiee-in-die-kerk-van-2011-deel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.galmin.co.za\/?p=1479","title":{"rendered":"Professie\u00eb in die Kerk van 2011 (Deel 1)"},"content":{"rendered":"<p>Ek skryf hierdie inset in Afrikaans om juis ons Suid Afrikaners te bereik met hierdie woord.\u00a0\u00a0<\/p>\n<p>Die afgelope paar weke het ons verskeie professie\u00eb gehoor en gelees wat deur verskillende mense vir die Kerk asook vir Suid Afrika vir die jaar 2011 gegee is.\u00a0<\/p>\n<p>Soos in vorige skrywes genoem, nie elkeen wat s\u00ea hy\/sy is \u2018n profeet, is werklik \u2018n profeet van God af nie want die Woord waarsku ons ook dat daar in die laaste dae baie valse leraars en profete gaan opstaan.\u00a0 En dit is juis die probleem wat die Kerk ondervind dat die Bruid haar gees van onderskeiding verloor het.\u00a0 Sodra iemand hom\/haarself aan my voorstel as \u2018n \u201cProfeet\u201d, dan maak my maag \u2018n paar draaie en dit is nie agv iets wat ek geeet het nie.\u00a0<\/p>\n<p>Die afgelope 15 jaar in die bediening het ek baie geleer en leer daagliks iets nuuts en die Gees van die Here is altyd getrou om die waarheid te openbaar wanneer ons iets nie verstaan nie.\u00a0\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em>En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. (Jak 1:5)\u00a0 <\/em><\/strong><strong><em><\/em><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Ons het al gehoor en gesien waar \u201cprofete\u201d\/besoekende leraars\/ dansgroepe\/ ens vir ons persoonlike bediening of vir die plaaslike gemeente baie woord gehad het, wat gewissel het van:<\/p>\n<ul>\n<li>Die Here gaan die gemeente finansieel se\u00ebn \u2013 alle skuld aflos;\u00a0<\/li>\n<li>Die Here gaan baie mense instuur en die gemeente gaan vol word;<\/li>\n<li>Die Here gaan die werkers vir die oes instuur, ens.\u00a0\u00a0<\/li>\n<li>Dat hierdie gemeente 7 dae \u2018n week kerk gaan hou agv die honger en dors na die Woord in die gemeenskap.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Oor al hierdie mooi professie\u00eb het ons gaan bid en die Here daarvoor gedank en dit in die geloof \u201cingeroep\u201d \u2013 maar nie een daarvan het in die afgelope 13 jaar gerealiseer nie.\u00a0 Was dit dan nog nie die \u201ctiming\u201d van die Here gewees nie?\u00a0\u00a0 Nie volgens wat die strekking van die profetiese woorde was nie.\u00a0<\/p>\n<p>Ons het selfs \u2018n suster of twee gehad wat baie mooi opbouende profetiese woorde vir die gemeente gehad het aan die begin en 9 maande later is ons as vals gekenmerk omdat hulle nie met ons doktrine as fondasie volgens God se Woord saamgestem het nie.\u00a0 So wie is dan vals?\u00a0 As die gemeente en die leringe vals is, dan beteken dit tog ook dat die professie ook vals was ?\u00a0 Of het die volle waarheid in die doktrine dalk teen hul eie tradisie godsdiens ingedruis?\u00a0<\/p>\n<p>Dit is so maklik om \u2018n \u201cprofetiese woord\u201d vir iemand te gee en hulle sal dit vir soetkoek opvreet. Kom ons toets dit:<\/p>\n<ul>\n<li>As ek sou verklaar dat daar \u2018n persoon is wat nou sukkel met kopseer terwyl hulle hierdie brief lees;\n<ul>\n<li>Wat gaan die moontlikheid wees dat 3 &#8211; 5 mense uit 50 gaan reageer en s\u00ea hulle het kopseer?<\/li>\n<li>Is dit die profetiese gawe of is dit \u2018n goeie raaiskoot; of<\/li>\n<li>Is dit mensekennis wat verklaar dat te enig gegewe tyd gaan daar iemand wees (in \u2018n kerkdiens ook) wat nou kopseer; rugpyn of maagpyn (veral onder die swartes) het.\u00a0\u00a0<\/li>\n<li>En mense buit dit uit onder die vaandel van \u201cprofessie\u201d om goed te lyk, om te bewys hulle het die \u201canointing\u201d en dat hulle erken moet word.\u00a0\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li>Die Kerk is so gereed vir die Ant-Chris dit is eintlik skrikwekkend!\u00a0 Mense volg en glo alles wat gebeur\u2013 selfs die genesings wat plaasvind. Het u geweet dat sangomas ook kan genees en dat die Anti-Chris ook verskeie wonderwerke gaan laat plaasvind.\u00a0 En dit het absoluut niks met die krag van God te doen nie!<\/li>\n<li>Twee weke gelede \u2018n oproep ontvang rakende \u2018n \u201cprofeet\u201d wat by \u2018n werkplek gewerk en begin het om die personeel asook die eienaar te salf en vir hulle te bid.\u00a0 Die uiteinde hiervan is dat die \u201cgees\u201d in haar begin manifesteer het en het aan die eienaar se vrou geskreeu dat sy nie daar hoort nie en dat die eienaar eintlik by haar moet wees.\u00a0 Dit is Jesebel geopenbaar!\u00a0 Die personeel sit vasgevang is allerhande vrese en m\u00f4re oorm\u00f4re stap die \u201cprofeet\u201d weer by \u2018n ander plek in.\u00a0<\/li>\n<li>In Venda sal jy instap in een van die kerke vanuit Nigeri\u00eb en iemand sal flou val \u201conder die gees\u201d. Bietjie later word die persoon wakker en wanneer die pastoor die persoon vra wie hy\/sy is, sal die persoon in die stem van iemand anders praat en al die sondes van die bertrokke persoon openbaar.\u00a0 En dit vind plaas onder die dekmantel van die profetiese gawe?\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ek en my vrou het die afgelope paar maande verskeie kerke in Pretoria besoek om \u2018n vars persektief aangaande die bediening van die Liggaam van Christus te kry.\u00a0 Ons opsomming en waarneming van dit wat in kerke deesdae plaasvind is skrikwekkend en dit is nie om kerke of leiers af te kraak nie.\u00a0 Die uiteinde van ons vraagstuk is nog steeds: Waar sal ons die ware Gees van God vind?\u00a0<\/p>\n<p><strong>Wees gewaarsku! \u00a0Die Satan raak al hoe meer arrogant in sy optrede omdat die Kerk kragteloos en dood is.\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Is ek dan totaal en al gekant en negatief teen profetiese woorde?<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Nee geensins nie<\/span><\/strong>, maar ek weet vir \u2018n feit dat die Gees van God nie opereer waar die valsheid in outoriteit en erkenning aanvaar word nie.\u00a0\u00a0 Ons het al baie profetiese woorde ervaar wat vir ander mense asook vir myself en my vrou gegee is waar ons <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">geweet <\/span><\/strong>het dit is \u2018n Woord van God \u2013 net Hy alleen het dit geweet wat nou verklaar was. En ons kan ook sien hoe die Here die Woord in vervulling bring en Hy kry al die lof en eer. Onsself het ook al profetiese woorde vir mense gegee en dan toets ons dit om seker te maak jy praat nie uit die vlees nie.\u00a0\u00a0 \u00a0<\/p>\n<p>Net gisteraand in \u2018n pinkster kerk in Les Marais, Pretoria het daar \u2018n taal uitgegaan en \u2018n paar sekondes later het die pastoor van die aand die uitleg gegee.\u00a0\u00a0 Dit is so <strong><em>NIE van die Here nie <\/em><\/strong>want die een oomblik praat hy so asof die Here nou self praat en die volgende oomblik praat hy skrif en <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">van<\/span><\/strong> die Here.<strong><em>\u00a0 So wie gee nou die uitleg? Van wie kom die woord dan nou?\u00a0 <\/em><\/strong>Dit bots onmiddelik met die Gees van God in ons en dit breek die salwing en krag van God se Gees af in \u2018n diens.\u00a0 Maar die leiers spreek dit nie aan nie en laat dit maar toe.\u00a0 Dieselfde prediker het ook later verklaar \u201c<strong><em>hy het \u2018n boodskap uit die Troonkamer van God\u201d<\/em><\/strong> vir ons, maar dit het toe nie so geblyk nie want daar was ook geen \u201crevelation knowledge\u201d nie.\u00a0 Wanneer \u2018n prediker \u2018n boodskap vanuit die Troonkamer ontvang is dit altyd \u2018n vars nuwe openbaring van die skrif, kragtig en vrymakend.\u00a0<\/p>\n<p>Is ek krities oor die verrigtinge in \u2018n kerk?\u00a0 Ja baie beslis want omdat die valsheid in kerke se\u00ebvier word ons beroof van die intieme teenwoordigheid van God se Gees, waar alles in \u2018n oogwink kan verander.\u00a0\u00a0 Siekes word genees, vrymaking vind plaas en harte word spontaan aan die Here Jesus gegee deur die stap van wedergeboorte.\u00a0\u00a0 Wanneer laas het jy gesien iemand in \u2018n plaaslike diens <span style=\"text-decoration: underline;\">werklik<\/span> tot bekering kom?\u00a0 Ek praat nie van die wat hul hande opsteek om by die gemeente aan te sluit nie.\u00a0<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Kom ons kyk na \u2018n bekende kerkgenootskap<\/span><\/strong> wat daarin spesialiseer om profetiese woorde vir mense in die gemeente te gee, maar sommige van hierdie professie\u00eb is niks anders as \u2018n <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">vloek <\/span><\/strong>wat oor jou uitgespreek word:\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0\u2018n Bekende voormalige moderator van die Lede in Christus het laasjaar in \u2018n kerkdiens (wat ek persoonlik bygewoon het) vir \u2018n man ges\u00ea <em>\u201cdat iemand in sy familie gaan tot sterwe kom sodat hy kan weet dat hierdie woord van God af kom. Maar hy moet hom nie bekommer oor wie dit gaan wees nie, die Here sal dit vir hom voor die tyd wys.\u201d<\/em>\u00a0\n<ul>\n<li><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Wow !<\/span><\/strong> en dan moet die man nie stress oor wie nou tot sterwe gaan kom nie \u2013 om nie eers te praat van skuldgevoelens nie.<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li>Of die een aan \u2018n jong man:\u00a0 <strong><em>\u201cAs jy nie jou saak met God regmaak nie gaan jy jou lewe verloor\u201d<\/em><\/strong>\u00a0<\/li>\n<li>Of nog een by \u2018n tentveldtog deur \u2018n ander evangelis: <strong><em>\u201cAs jy nie vanaand jou saak met God regmaak nie; kan jy jou lewe verloor wanneer jy hierdie diens verlaat\u201d<\/em><\/strong>\u00a0\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>God het nog nooit iemand gedreig om sy saak met Hom reg te maak nie. Daar is net een wat vrees aanwakker \u2013 en dit is Satan self want vrees is sy grootste wapen.\u00a0 Die evangelie van Jesus Christus is vir die wat wil en wat glo!\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em>Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, <span style=\"text-decoration: underline;\">want dit is \u2018n krag van God tot redding vir elkeen wat glo<\/span>, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. <\/em><\/strong>Rom 1:16\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die mees algemeenste bewoording wat die &#8220;profete&#8221; deesdae gebruik is soos volg:<\/p>\n<ul>\n<li><em>\u201c En die Here s\u00ea jy gaan nie meer langer die stert wees nie; die Here s\u00ea Hy gaan jou die kop maak\u201d.\u00a0 <\/em><\/li>\n<li>En dit kom natuurlik uit die skrif en nou kan die vraag gevra word of dit werklik profeties is of nie:\u00a0\n<ul>\n<li>Deu 28:13\u00a0 <strong><em>En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,<\/em><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li><span style=\"text-decoration: underline;\">Die nuutste:<\/span> \u201c<em>Daar gaan \u2018n wereldleier in die jaar tot sterwe kom en die land se vlae sal halfmas hang<\/em>\u201d \u00a0\u2013 terwyl die hele wereld omtrent asem ophou oor die huidige gesondheid van oud President Mandela.\u00a0 Vanwe\u00eb sy ouderdom het niemand \u2018n graad nodig of enige onderskeidingsvermo\u00eb nodig om te bespiegel dat hy heel moontlik die jaar kan sterf nie.\u00a0 Bloot ook gesien dat hy bereik het wat hy wou bereik (die wereldbeker sokker in SA) asook dat een van sy geliefde kleinkinders ook in die tyd dood is .<\/li>\n<li>En daar kan sekerlik nog baie meer ook wees wat mense hoor en dan herhaal as profetiese woord omdat sit so &#8220;mooi&#8221; klink.\u00a0\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<p>Volgende deel sal handel oor professie\u00eb wat verskeie mense vir die Kerk vir 2011 gegee het.<\/p>\n<div class='wp_likes' id='wp_likes_post-1479'><a class='like' href=\"javascript:wp_likes.like(1479);\" title='Like' ><img data-recalc-dims=\"1\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.galmin.co.za\/blog\/wp-content\/plugins\/wp-likes\/images\/like.png?w=750&#038;ssl=1\" alt='' border='0'\/><\/a><span class='text'><b>3<\/b> people like this post.<\/span><\/p>\n<div class='like' ><a href=\"javascript:wp_likes.like(1479);\">Like<\/a><\/div>\n<div class='unlike' ><a href=\"javascript:wp_likes.unlike(1479);\">Unlike<\/a><\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek skryf hierdie inset in Afrikaans om juis ons Suid Afrikaners te bereik met hierdie woord.\u00a0\u00a0 Die afgelope paar weke het ons verskeie professie\u00eb gehoor en gelees wat deur verskillende mense vir die Kerk asook vir Suid Afrika vir die jaar 2011 gegee is.\u00a0 Soos in vorige skrywes genoem, nie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"jetpack_post_was_ever_published":false,"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"enabled":false},"version":2}},"categories":[6],"tags":[],"class_list":["post-1479","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-inzpired"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_shortlink":"https:\/\/wp.me\/p9rp4V-nR","jetpack-related-posts":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1479","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1479"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1479\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1482,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1479\/revisions\/1482"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1479"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1479"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1479"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}