{"id":1492,"date":"2011-03-04T14:50:54","date_gmt":"2011-03-04T12:50:54","guid":{"rendered":"http:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=1492"},"modified":"2011-03-04T14:53:57","modified_gmt":"2011-03-04T12:53:57","slug":"profesie-vir-en-in-die-kerk-deel-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.galmin.co.za\/?p=1492","title":{"rendered":"Profesie vir en in die Kerk (deel 4)"},"content":{"rendered":"<p>Die <span style=\"text-decoration: underline;\">derde aspek<\/span> wat ek in hierdie <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">deel 4<\/span><\/strong> wil aanspreek is die <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">vrees <\/span><\/strong>wat in mense se lewens ontketen word.\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li>Waar mense kos en water bymekaar maak en wil vlug na afgele\u00eb plekke toe;<\/li>\n<li>Die vreesagtigheid begin later alle logiese denke oorskry;\u00a0<\/li>\n<li>Die Woord verklaar die volgende aan ons:\n<ul>\n<li><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\">Wa<\/span><span style=\"color: #3366ff;\"><span style=\"color: #3366ff;\">nt<\/span> God het ons nie \u2018n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing<\/span><\/em><\/strong><span style=\"color: #3366ff;\">.<\/span> <strong>2Ti 1:7<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\">As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe<\/span>.<\/em><\/strong><strong> \u00a0<\/strong><strong>Job 3:25<\/strong>\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>Job se een probleem was juis sy vreesagtigheid oor sy kinders en dit het \u2018n deur oopgemaak vir satan om te kom steel.\u00a0Ek en jy is eintlik geborge in Christus maar sodra ons vrees toelaat (wat die teenoorgestelde van geloof en vertroue is) dan maak ons self die deur oop.\u00a0 Miskien is daar dalk al klaar \u2018n groep mense bymekaar wat reeds \u2018n nuwe gelofte aan God afgel\u00ea het dat <em>hulle nog \u2018n dag sal heilig en aan God toewy <span style=\"text-decoration: underline;\">indien<\/span> Hy hulle sal beskerm teen hierdie Nag van die lang messe.\u00a0 <\/em>Sien ook my vorige lesing op hierdie webblad mbt die afl\u00ea van geloftes met God.<em>\u00a0\u00a0 <strong>In die konteks van die Nuwe Testament is dit onskriftuurlik en die fondasie daarvan is ongeloof en gebrek aan vertroue in God wat ons Skepper en enigste Verlosser is.\u00a0\u00a0\u00a0 <\/strong>\u00a0\u00a0\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Hoekom is die kinders van die Here Jesus dan so vinnig om vreesagtig te raak terwyl ons al die beloftes het van beskerming, krag en outoriteit asook oorwinning.\u00a0 Kyk na die volgende:<\/p>\n<ul>\n<li><span style=\"color: #3366ff;\"><strong><em>Gese\u00ebnd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is<\/em><\/strong>;<\/span> <strong>Jer 17:7<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\">Want die o\u00eb van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners<\/span><\/em><\/strong>. <strong>1Pe 3:12<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\">En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en \u2018n beloner is van die wat Hom soek<\/span>.<\/em><\/strong> <strong>Heb 11:6<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li>En wat van <strong><span style=\"text-decoration: underline;\"><span style=\"color: #3366ff;\">Ps 23<\/span><\/span><\/strong> wat ons so gereeld sing en voorlees in die kerke?\u00a0\u00a0 Is die Here dan nie meer ons Herder nie?\u00a0<\/li>\n<li><span style=\"color: #3366ff;\"><strong><em>Al gaan ek ook in \u2018n dal van doodskaduwee, ek sal <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\"><span style=\"color: #ff0000;\">geen onheil vrees<\/span><\/span><\/em><\/strong><strong><em> nie; <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">want U is met my<\/span><\/em><\/strong><strong><em>: u stok en u staf di\u00e9 vertroos my.\u00a0 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my te\u00ebstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.\u00a0 <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\"><span style=\"color: #ff0000;\">Net goedheid en guns<\/span><\/span><\/em><\/strong><\/span><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\"> sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae<\/span>.<\/em><\/strong> <strong>Ps 23:4-6<\/strong>\n<ul>\n<li>Wanneer ek en jy \u2018n kind van God is, dan is elke belofte in die Woord ook vir my en jou bedoel:\u00a0\n<ul>\n<li><span style=\"color: #0000ff;\"><strong><em>Want \u00c9k weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle \u2018n hoopvolle toekoms te gee.\u00a0 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.<\/em><\/strong> <\/span><strong>Jer 29:11 &#8211; 13<\/strong>\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<li>Alhoewel die Apostels vervolg was en baie beproewinge deurstaan het, het hulle soos Petrus op die positiewe gefokus:\n<ul>\n<li><strong><em><span style=\"color: #0000ff;\">Ges<\/span><span style=\"color: #0000ff;\"><span style=\"color: #0000ff;\">e\u00ebnd <\/span>is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het <\/span><\/em><\/strong><span style=\"color: #0000ff;\"><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">tot \u2018n lewende hoop<\/span><\/em><\/strong><strong><em> deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,\u00a0 sodat ons <\/em><\/strong><strong><em>\u2018n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis<\/em><\/strong><strong><em> kan verkry, wat in die hemele bewaar is <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">vir ons wat in die krag van God bewaar word<\/span><\/em><\/strong><strong><em> <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">deur die geloof<\/span><\/em><\/strong><strong><em> tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.<\/em><\/strong><\/span> <strong>1Pe 1:3-5<\/strong>\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ek reken die rede hiervoor is dalk die feit dat di\u00e9 mense wat Siener van Rensburg se voorspellings so graag aanhang, ken elke aspek daarvan in detail maar ken nie werklik die Woord van God nie.\u00a0\u00a0 Hoekom is ons vinnig om \u2018n negatiewe woord oor ons lewens af te sny en kragteloos te verklaar, maar daar is nog steeds mense wat hierdie negatiewe woord vir die land aanhang <strong><em>en dit krag gee met hul woord (tong)?<\/em><\/strong>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/p>\n<p><!--more-->Hoekom bid ons nie eerder teen hierdie negatiewe woord nie \u2013 want God stel nie daarin belang dat Sy kinders op \u2018n wrede manier vermoor word nie.\u00a0 Dit is NIE Sy wil nie maar eerder \u2018n slenter van satan wat rassehaat aanwakker.\u00a0 Hoekom bid ons nie vir die regering nie \u2013 tog \u2018n opdrag uit die Woord.\u00a0 Ons wil eerder by \u201ccauses\u201d betrokke raak soos om die renoster en die walvis, ens te beskerm maar hoekom nie by die grootste cause van alles nie \u2013 <strong><em>en dit is om die evangelie te gee aan di\u00e9 wat dit nog nie ontvang het nie <\/em><\/strong>.<\/p>\n<p>Die tyd het vir Suid Afrika aangebreek om werklik diep binne onsself te delf en weer by die voete van die Here Jesus uit te kom totdat Hyself vir ons as land \u2018n antwoord kan gee.\u00a0 \u00a0Ons as blanke Suid Afrika wat die kosbare evangelie saam na hierdie land gebring het, <strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">het eintlik gefaal in die opdrag van God aan ons vir hierdie land<\/span><\/em><\/strong> volgens Sy Woord:\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em>En Hy s\u00ea vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\"><span style=\"color: #0000ff;\">en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies,<\/span><\/span><\/em><\/strong><strong><em> van Jerusalem af en verder.<\/em><\/strong>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <strong>Luk 24:46-47<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li><strong><em>maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Jud\u00e9a en Samar\u00eda en <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">tot aan die uiterste van die aarde<\/span><\/em><\/strong><strong><em>.<\/em><\/strong> <strong>Act 1:8<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li>En natuurlik die heel eerste boodskap wat gepreek was net nadat die Kerk gebore is deur die vuur van die Heilige Gees op die dag van Pinkster:\u00a0\n<ul>\n<li><strong><em>En Petrus s\u00ea vir hulle: <\/em><\/strong><span style=\"color: #ff0000;\"><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang<\/span><\/em><\/strong>.<\/span> <strong>Act 2:38<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li><strong><em>En die saligheid is in niemand anders nie, <\/em><\/strong><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\"><span style=\"color: #ff0000;\">want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie<\/span><\/span><\/em><\/strong>. <strong>Act 4:12<\/strong>\u00a0<\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>As Paulus en Petrus asook duisende van duisende regoor die wereld kon verander deur die evangelie van Jesus Christus, dan kan en sal al die nasies in Suid Afrika asook Afrika kan verander deur die Krag van God se Gees in ons midde.\u00a0\u00a0<\/p>\n<ul>\n<li><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\">Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie<\/span><\/em><\/strong>\u00a0 <strong>2Co 4:7<\/strong>\u00a0<\/li>\n<li><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\">As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen<\/span><\/em><\/strong><strong><em>.<\/em><\/strong> <strong>1Pe 4:11<\/strong>\u00a0 <strong><\/strong><\/li>\n<li><strong><em><span style=\"color: #3366ff;\">Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het<\/span>.<\/em><\/strong> <strong>1Th 1:5<\/strong>\u00a0 <strong><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>My gewaarwording van sommige kinders van die Here Jesus asook sekere kerkinstellings is van so \u2018n aard dat hulle die evangelie van Jesus Christus as hulle eie eiendom beskou.\u00a0 Dat hulle hiervolgens dan ook besluit aan wie hulle die evangelie gaan bekend maak en van wie hulle dit gaan weerhou.\u00a0\u00a0<\/p>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">My persoonlike getuienis:<\/span><\/strong>\u00a0 Jare gelede (1996) het daar \u2018n situasie in my lewe plaasgevind wat soos volg verloop het.\u00a0 Ek was per motor oppad terug van \u2018n 3-dae werkswinkel wat ek in die Rustenburg omgewing vir die werk aangebied het en terwyl ek die afdraai neem vanaf die Brits\/Pretoria pad in die rigting van Pretoria Noord, stop \u2018n motor eweskielik voor my en vra of ek nie \u2018n dame en haar seun kan gaan aflaai nie.\u00a0 Ek was moeg en wou net by die huis kom om te ontspan en het baie opgesien om dit te doen.\u00a0 Baie teensinnig het ek ingestem en hulle toegelaat \u2013 half verplig. \u00a0Op die oog af sal jy haar nie kan klassifiseer as \u2018n \u201cdame\u201d nie en sy neem toe so ewe haar sigarette en plak dit voor in die kar neer &#8211; en ek dink by myself: <strong><em>\u201cJy sal dit nie durf waag om in my kar te rook nie\u201d. <\/em><\/strong>\u00a0<\/p>\n<p>Haar getuienis in kort skets \u2018n baie haglike lewe waar haar man haar gelos het met die seun en sonder enige geld en heenkome.\u00a0 Sy het op daardie stadium by haar ouers gebly wat self gesukkel het om te oorleef.\u00a0 Sy verklaar openlik dat sy nie soos ander mense op die hoeke van strate sal gaan bedel nie, maar sal eerder trollies by die groot winkelsentrums vir mense gaan stoot in die hoop om \u2018n geldjie te verdien.\u00a0 En dan getuig sy dat die Here vir haar goed is.\u00a0\u00a0<\/p>\n<p>Half verplig begin ek ook getuig van die goedheid van die Here Jesus waar ek deur \u2018n proses van aflegging (retrenchment) gegaan het en hoe die Here ons finansiele situasie die afgelope 4 jaar verander het.\u00a0 Die Gees van die Here begin met my deel om haar na die kerk te nooi, maar my vlees skop geweldig en soek na elke denkbare verskoning:<\/p>\n<ul>\n<li><em>Sy gaan nou nie eintlik inpas in die klein kerkgemeenskap nie en ek betwyfel dit of sy die ware evangelie van Jesus Christus sal wil aanvaar; <\/em><\/li>\n<li><em>Dit gaan nou weer my verantwoordelikheid wees om hulle te moet gaan haal en weer terug te neem \u2013 en dit is net eenvoudig te veel ryery op \u2018n Sondag;\u00a0 <\/em><\/li>\n<li><em>Daar is nie plek in die kar as ons gesin reeds in die kar is nie (drie dogters gehad op skool) \u2013 dit beteken ek sal meer as een keer moet ry.\u00a0\u00a0 <\/em><\/li>\n<\/ul>\n<p>Gevolglik is geen uitnodiging gemaak nie en gewete is gesus dat ek eendag vir hulle \u2018n kospakkie sal neem.\u00a0 Die Sondag by die kerk preek ons ou pastoor oor \u2018n saak wat glad nie hiermee verband hou nie en met die uitnodiging vra hy dat ons almal bietjie voor by die altaar kom kniel.\u00a0\u00a0 Terwyl ek nog staan en met die Here Jesus begin praat oor die boodskap, kom die gedagte van die vrou en die seun weer by my op.\u00a0 Nog voordat ek genoeg verskonings kon bymekaar maak hoekom ek haar nie vir die diens genooi het nie, kom die woorde van die Here na my toe so asof dit iemand is wat reg langs my staan en met my praat:\u00a0 <strong><em>\u201c<span style=\"color: #ff0000;\">Wie dink jy is jy om te wil kies wie Ek wil red!\u201d<\/span><\/em><\/strong><span style=\"color: #ff0000;\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Nodeloos om te s\u00ea het ek onmiddelik die grond opgesoek en met berouvolle hart bely.\u00a0 Ek het hierdie groot les geleer <strong><em><span style=\"color: #ff0000;\">(dit is NIE <span style=\"text-decoration: underline;\">my<\/span> evangelie nie)<\/span><\/em><\/strong> en kort daarna stuur die Here my en my vrou na Danville om \u2018n gemeente te gaan bedien waar die hele omgewing uit dieselfde tipe mense bestaan \u2013 wat verslaan is deur die vyand en wat in haglike omstandighede verkeer, waar ek soms beide my voertuie moes inspan om elke mens wat wou aan te ry kerk toe.\u00a0<\/p>\n<p><strong><em><span style=\"color: #ff0000;\">Kom ons weerhou nie die evangelie nie, want dit is \u2018n krag van God tot redding vir elkeen wat glo (Rom 1:16).<\/span>\u00a0 <\/em><\/strong><\/p>\n<div class='wp_likes' id='wp_likes_post-1492'><a class='like' href=\"javascript:wp_likes.like(1492);\" title='Like' ><img data-recalc-dims=\"1\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.galmin.co.za\/blog\/wp-content\/plugins\/wp-likes\/images\/like.png?w=750&#038;ssl=1\" alt='' border='0'\/><\/a><span class='text'>1 person likes this post.<\/span><\/p>\n<div class='like' ><a href=\"javascript:wp_likes.like(1492);\">Like<\/a><\/div>\n<div class='unlike' ><a href=\"javascript:wp_likes.unlike(1492);\">Unlike<\/a><\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die derde aspek wat ek in hierdie deel 4 wil aanspreek is die vrees wat in mense se lewens ontketen word.\u00a0 Waar mense kos en water bymekaar maak en wil vlug na afgele\u00eb plekke toe; Die vreesagtigheid begin later alle logiese denke oorskry;\u00a0 Die Woord verklaar die volgende aan ons: [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"jetpack_post_was_ever_published":false,"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"enabled":false},"version":2}},"categories":[6],"tags":[428],"class_list":["post-1492","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-inzpired","tag-siener-van-rensburg-nag-van-die-lang-messe-vloeke-profesie-2011-vrees-job-persoonlike-getuienis-gebed-vir-kerk-kerkleiers-godsdiens-gees-bloedrivier-geestelike-outoriteit"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_shortlink":"https:\/\/wp.me\/p9rp4V-o4","jetpack-related-posts":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1492"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1492\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1496,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1492\/revisions\/1496"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}