{"id":1498,"date":"2011-03-04T14:58:43","date_gmt":"2011-03-04T12:58:43","guid":{"rendered":"http:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=1498"},"modified":"2011-03-04T14:58:43","modified_gmt":"2011-03-04T12:58:43","slug":"gebed-vir-die-kerk-en-kerkleiers-deel-5","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.galmin.co.za\/?p=1498","title":{"rendered":"Gebed vir die Kerk en kerkleiers (deel 5)"},"content":{"rendered":"<p>In hierdie laaste aflewering van die Profesie\u00eb in en vir die Kerk voel ek gelei om \u2018n gebed ter afsluiting van hierdie saak neer te pen en elkeen wat saam wil staan in eenheid kan dit dan ook bid en aanstuur sodat meer en meer van ons as kinders van God kan begin saamstaan teen hierdie voorspelling van Siener van Rensburg en teen enige ander vloeke wat ookal oor die land uitgespreek is.\u00a0\u00a0<\/p>\n<p><strong>Gebed:\u00a0 <\/strong><\/p>\n<p><em>Vader, ons kom na U in die Naam van Jesus Christus ons Here.\u00a0\u00a0 Dankie dat ons deur die bloed van Christus die vrymoedigheid het om U troon van genade te kan nader te enige tyd en vir elke saak op ons hart.\u00a0\u00a0<strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Ons verklaar dat<\/span><\/strong>:<\/em><\/p>\n<ul>\n<li><em>daar slegs een evangelie van Jesus Christus is waarvolgens ons vergifnis van al ons sondes kan ontvang en <span style=\"text-decoration: underline;\">genade as \u2018n geskenk van God<\/span>; <\/em><\/li>\n<li><em>die versoen offer van Jesus Christus se kruisdood finaal en volmaak was om volkome saligheid en geregtigheid te verseker vir elke mens wat Hom aanneem; <\/em><\/li>\n<li><em>U ons Almagtige God en Vader is, dat U alle owerheid en mag in Jesus Christus gevestig het en dat ons ook in dieselfde krag, gesag en outoriteit funksioneer omdat ons met Christus bekleed is deur die stap van wedergeboorte. \u00a0<\/em><\/li>\n<li><em>ons onomwonde glo in die belofte van <strong>Mar 16:17-18<\/strong>\u00a0 dat hierdie tekens sal volg vir di\u00e9 wat glo \u2013<\/em>\n<ul>\n<li><strong><em><span style=\"color: #0000ff;\">in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, <\/span><\/em><\/strong><\/li>\n<li><strong><em><span style=\"color: #0000ff;\">met nuwe tale sal hulle spreek, <\/span><\/em><\/strong><\/li>\n<li><em><span style=\"color: #0000ff;\"><strong>op siekes sal hulle die hande l\u00ea, en hulle sal gesond word<\/strong><strong>.<\/strong><\/span> <\/em><\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p><em><strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Ons erken en bely<\/span><\/strong> &#8211; die Liggaam van Christus is verdeeld en dat die valsheid wat reeds binne die Kerk funksioneer die onderskeiding van gees onderdruk en sodoende die gawes van die Heilige Gees kragteloos maak. \u00a0Ons onderskei dat die vyand reeds arrogant in sy optrede geword het omdat die Liggaam van Christus net \u2018n gedaante van godsaligheid het en die krag daarvan verlo\u00ebn het.\u00a0<\/em><\/p>\n<p><strong><em><span style=\"color: #0000ff;\">Here Jesus,\u00a0 stort asseblief opnuut weer U ware Gees uit oor die Kerk sodat elke saad van valsheid vernietig sal word! <\/span><\/em><\/strong><\/p>\n<p><em>Ons erken dat ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die owerhede, teen die magte, teen die w\u00eareldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.\u00a0 <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">Daarom:<\/span><\/strong><\/em><\/p>\n<ul>\n<li><em>Neem ons nou die volle wapenrusting van God op om weerstand te kan bied in al die dae van onheil terwyl ons vas staan en staande bly in die krag en outoriteit van Jesus Christus; <\/em><\/li>\n<li><em>Die geregtigheid van Jesus Christus beskerm ons soos \u2018n borswapen en ons omgord ons lendene met Jesus Christus as die <strong><span style=\"color: #ff0000;\">weg <\/span><\/strong>en die<strong> <span style=\"color: #ff0000;\">waarheid <\/span><\/strong>en die<strong> <span style=\"color: #ff0000;\">lewe.<\/span><\/strong>\u00a0\u00a0 <\/em><\/li>\n<li><em>Ons voete is bekleed met die skoene van bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig aan alle nasies en volgens die beginsel van Hand 1:8; <\/em><\/li>\n<li><em>Terwyl die helm van verlossing ons gedagtes beskerm hef ons die skild van geloof op wat alle vurige pyle en vloeke van die Bose uitblus sodat die krag van die dwaling en valse leerstellings nie ons gedagtes of hart penetreer nie; \u00a0Eph 6:12 -17 <\/em><\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>In die Naam van die Here Jesus Christus en met \u2018n onblote swaard van die Gees (Woord) kom ons in opstand teen:<\/em><\/span><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>\n<div><em>die bose geeste en magte in die lug en teen elke heerskappy van satan wat hy oor die mense van Suid Afrika en die land gedeponeer het en ons sny nou af en kanselleer elke vloek, voorspelling en negatiewe profesie \u00a0<strong>&#8211; <span style=\"color: #ff0000;\">en spesifiek die een van Siener van Rensburg mbt die Nag van die lang messe<\/span> &#8211;<\/strong> wat oor hierdie land van Suid Afrika uitgespreek is;<\/em><\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div><em>elke valse evangelie en strategie om die kinders van God te kom steel en te slag en te verwoes:<\/em>\u00a0<\/div>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p><em>EN\u00a0ons bid vir die <strong><span style=\"text-decoration: underline;\">kerkleiers van vandag<\/span><\/strong>:<\/em><\/p>\n<ul>\n<li><em>Vader, ons ontmoet met U op hierdie oomblik vir die onthalwe van alle kerkleiers en arbeiders tot die oes wat in U dienswerk staan en ons weet dat U elkeen wil se\u00ebn.\u00a0 In die Naam van Jesus Christus breek en verwoes ons alle vestings van satan in die lewens van ons kerkleiers af: <\/em>\n<ul>\n<li><em>Alle misleiding, verleiding, valse gelowe en halwe waarhede wat ten doel het om die mens van die genade van God te beroof, asook alle ander strategie\u00eb en planne van satan dat dit geen krag sal dra nie;\u00a0 <\/em><\/li>\n<li><em>Die godsdiens gees, tradisies, valse profesie\u00eb en \u201cgimmicks\u201d wat heers in die Kerk om die gebrek aan die ware krag van God te bedek;\u00a0 <\/em><\/li>\n<li><em>Die gees van trots, geldgierigheid, geestelike arrogansie, selfregverdiging en rassehaat wat nie getuig van die nuwe lewe en liefde in Christus nie; <\/em><\/li>\n<li><em>Verwyder die bedekking voor hul o\u00eb en ore om U opnuut weer te sien en U stem te ervaar, dat hulle werklik die essensie en plan van genade volgens U evangelie kan verstaan en ook sodoende sal verkondig, sodat U oordele volgens Esegiel 34:1-10 nie oor hulle sal kom nie.\u00a0 <\/em><\/li>\n<li><em>Herstel die integriteit van die 5-voudige bediening weer volgens U Woord en in volle krag van die Heilige Gees; <\/em><\/li>\n<li><em>Ons bid ook vir die herstel van ons leiers wat moeg en uitgebrand is en waar die omstandighede in die bediening werklik onuithoudbaar geword het; <\/em><\/li>\n<li><em>Omvou elke leier in \u2018n nuwe verhouding met U Heilige Gees terwyl U op hierdie oomblik U krag en liefde deur elkeen laat vloei om alle onsekerheid en vrees te laat verdwyn.\u00a0\u00a0 <\/em><\/li>\n<\/ul>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><em><span style=\"text-decoration: underline;\">Here Jesus, ons bid ook vir: <\/span><\/em><\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>ons land se regering en leiers op alle vlakke en departemente dat hulle tot redding sal kom;<\/li>\n<li>ons vyande en ook om hulle lief te h\u00ea soos U.\u00a0 \u00a0Ons erken dat dit nie altyd \u2018n maklike taak is nie, maar omdat U liefde in ons is, kan ons dit doen;<\/li>\n<li>dat dit goed sal gaan in die land wat U aan ons gegee het dmv ons voorvaders;<\/li>\n<li>Dat ons weer ons ore tot U sal neig en sal ophou om agter vreemde <em>\u201cprofetiese woord\u201d<\/em> aan te loop en eerder \u2018n verhouding met U sal h\u00ea, sodat ons direk van U kan hoor aangaande onsself en ons land.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ons sal aanhou bid totdat daar iewers \u2018n deurbraak plaasvind terwyl ons gebede op die voltooide werk van Christus op die Kruis van Golgota steun en vertrou, Amen.\u00a0<\/p>\n<p>Ek wil graag hierdie gedeelte afsluit met die volgende vers:\u00a0<\/p>\n<p><em><span style=\"color: #3366ff;\"><strong>En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan h\u00ea en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. \u00a0Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid. En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem, sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk<\/strong><\/span><\/em>. <strong>2Co 9:8-11<\/strong><\/p>\n<div class='wp_likes' id='wp_likes_post-1498'><a class='like' href=\"javascript:wp_likes.like(1498);\" title='Like' ><img data-recalc-dims=\"1\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.galmin.co.za\/blog\/wp-content\/plugins\/wp-likes\/images\/like.png?w=750&#038;ssl=1\" alt='' border='0'\/><\/a><span class='text'><b>9<\/b> people like this post.<\/span><\/p>\n<div class='like' ><a href=\"javascript:wp_likes.like(1498);\">Like<\/a><\/div>\n<div class='unlike' ><a href=\"javascript:wp_likes.unlike(1498);\">Unlike<\/a><\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In hierdie laaste aflewering van die Profesie\u00eb in en vir die Kerk voel ek gelei om \u2018n gebed ter afsluiting van hierdie saak neer te pen en elkeen wat saam wil staan in eenheid kan dit dan ook bid en aanstuur sodat meer en meer van ons as kinders van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"jetpack_post_was_ever_published":false,"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"enabled":false},"version":2}},"categories":[6],"tags":[429],"class_list":["post-1498","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-inzpired","tag-gebed-vir-kerk-kerkleier-godsdiens-gees-valse-profesiee-5-voudige-bediening"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_shortlink":"https:\/\/wp.me\/p9rp4V-oa","jetpack-related-posts":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1498","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1498"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1498\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1499,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1498\/revisions\/1499"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1498"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1498"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1498"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}