{"id":671,"date":"2009-06-02T16:48:22","date_gmt":"2009-06-02T14:48:22","guid":{"rendered":"http:\/\/galmin.co.za\/myblog\/?p=671"},"modified":"2009-06-02T16:48:22","modified_gmt":"2009-06-02T14:48:22","slug":"neem-op-jou-kruis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.galmin.co.za\/?p=671","title":{"rendered":"Neem op jou kruis"},"content":{"rendered":"<p>Neem op jou kruis en volg My!<br \/>\nMiskien begin jy hier lees en dink by jouself; Agge nee, nie alweer \u2018n stuk oor hierdie afgesaagde storie nie! Is daar nie iets meer opwindends in die Bybel nie?<\/p>\n<p>Wanneer die Here Jesus hierdie stelling maak, klink dit so maklik en eenvoudig maar ek wonder hoeveel van ons verstaan dit werklik wat dit alles behels en wat die impak daarvan op jou lewe gaan wees.<\/p>\n<p>In die nagenoemde skrifgedeeltes sien ons pertinent die volgende aspekte wat Jesus op meer as een geleentheid aan Sy dissipels uitlig:<br \/><!--more--><br \/>\n\u2022 Mat 10:38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.<br \/>\n\u2022 Mat 16:24 Toe s\u00ea Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlo\u00ebn en sy kruis opneem en My volg.<br \/>\n\u2022 Luk 9:23 En Hy s\u00ea vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlo\u00ebn en sy kruis elke dag opneem en My volg.<\/p>\n<p>Met ander woorde, ons sien dat die Here Jesus die volgende eienskappe aan Sy dissipels wil oordra:<br \/>\n\u2022 Diegene wat NIE hul kruis wil opneem en Hom volg nie, is Hom nie waardig nie . Hulle is nie geskik nie ; of kwalifiseer nie vir die Koninkryk van God nie.<br \/>\n\u2022 \u2018n Verdere vereiste is dat jy jouself moet verlo\u00ebn &#8211; en dit geskied net tydens volwaardige bekering en belydenis van sondes soos die Heilige Gees dit aan jou uitwys. Jy moet werklik in jouself sterf; jou eie opinies en agendas, die eie -ek ; ens sodat Christus in jou kan woon. Waar jou wil nie meer geld nie maar net God se wil vir jou lewe om Hom alleen te behaag. Waar al die lof en eer aan Hom toekom en ons geen eer van mense aanneem nie.<br \/>\n\u2022 Volgens die vers in Lukas is daar ook \u2018n verdere kinkel in die verhaal en dit is dat ons hierdie proses daagliks moet deurgaan. Die vlees staan so vinnig weer op wanneer ons dit nie daagliks kruisig nie. En dit is net hier waar die &#8220;tyre &#8211; die &#8211; teer&#8221; tref. Ons vlees heers nog te maklik en ons wil so graag vermaak word.<\/p>\n<p>Kom ons wees eerlik met mekaar vandag. Dit is nie maklik om die Here Jesus voluit te dien nie &#8211; en eintlik is dit maklik en eenvoudig . Nou hoe praat jy nou so dubbelsinnig? Die moeilike deel is om van alles afstand te doen &#8211; en dit is \u2018n keuse en \u2018n wilsbesluit om jou ALLES vir Jesus te kan gee. Totally devoted to Him! En dit is soms pynlik om van al die vleeslike dinge ontslae te raak. En om bereid te wees om vir Sy Naam te sterf. En dit beteken nie dat ons alles fisies moet verkoop nie &#8211; nee, bloot dat materi\u00eble dinge en besittings nie ho\u00ebr waarde in ons lewens mag h\u00ea as God self nie.<\/p>\n<p>Die skrif in Hand 1:8 wat verklaar dat julle sal getuies wees wanneer die Heilige Gees oor julle kom, beteken in waarheid dat jy \u2018n martelaar sal moet wees. Is ek en jy werklik bereid om ons lewens op te offer vir Christus? Dit is hoekom die vroe\u00eb kerk in die dae van Petrus en Paulus so kragtig in die Gees van God gewees het, want hulle het alles opgeoffer. Paulus verklaar dat hulle het die doodsvonnis reeds oor hulself uitgespreek, sodat hulle nie meer vir hul lewens gevrees het nie en dat hul hoop slegs in God was. Netsoos wat Christus vir ons (die Kerk) gesterf het vir die vergifnis van sondes, netso moet ek en jy bereid wees om vir die Naam van Jesus Christus te sterf. Bo en behalwe dit, verwag die Here ook dat ons as mans &#8211; die priesters in die huis &#8211; ons vrouens so lief moet h\u00ea dat ons ook bereid sal wees om vir hulle sterf.\u00a0 Mans,\u00a0 so indien jy nie bereid is om in jouself te sterf nie (veral die trots in ons lewens), sal jy nie die kruis van Christus kan opneem nie.\u00a0<\/p>\n<p>Ons as mensdom het werklik ryk en verryk geword soos Openbaring (Open 3:14 &#8211; 17) die kerk van Laodicense (ons tydperk) beskryf want ons wil nie meer ons alles gee nie. Terwyl ons dink ons het aan niks gebrek nie, is ons eintlik ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak. Daarom is die Kerk ook so kragteloos en wil die Here ons uit Sy mond spuug!<\/p>\n<p>Daar is net een antwoord op dit alles en ek wil begin met die vraag aan elkeen wat hierdie gedeelte lees. Wat kies jy vandag? Wil jy dit vir jouself maklik of moeilik maak? In die Woord van God was daar ook pertinent drie gebeurtenisse waar die hierdie opsie aan die mens of volk voorgehou was. In Deut 30: 19 verklaar die Here dat ons tussen lewe en dood moet kies, maar kies die lewe sodat ons kan lewe . In Jos 24:15 moes die volk kies tussen God en die afgode. In Ps 25:12 s\u00ea die psalmdigter: &#8221; Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies&#8221;.<\/p>\n<p>Die oplossing in hierdie opdrag of vereiste van Jesus Christus l\u00ea ook opgesluit in die kruisiging waar \u2018n man met die naam van Simon van Cirene gedwing was om die kruis van Jesus te help dra.<\/p>\n<p>Mat 27:32 En toe hulle uitgaan, kry hulle \u2018n man van Cir\u00e9ne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.<\/p>\n<p>Simon was gedwing om die kruis te help dra. Ek en jy word onder geen dwang geplaas nie &#8211; dit is \u2018n wilsbesluit wat onder die oortuiging van die Heilig Gees plaasvind. En die kruks van die les wat die Here Jesus wou oordra aan Sy dissipels is vasgevang in die naam van hierdie man. Simon kom van Cirene af, wat \u2018n streek\/area uit Libie is en volgens die gebruik het die Joodse manne 3 keer per jaar na Jerusalem opgetrek &#8211; waarvan die Pasga een van die feeste was wat hulle moes bywoon.<\/p>\n<p>Is dit toeval dat die spesifieke man gedwing was om die kruis te dra? Nee, God werk nie met &#8220;toevallig&#8221; nie. Dit beteken niks anders as &#8220;toe val God se lig&#8221; op die situasie om alles te vervul en te bevestig. Simon beteken: &#8220;he who hearkens and obeys&#8221;.<\/p>\n<p>Dit is net diegene wat luister en gehoorsaam is aan die volle Woord van God, wat dit sal regkry om die kruis te kan opneem en jouself te verlo\u00ebn (elke dag) en Hom alleen te volg &#8211; ongeag die prys om te betaal. Wanneer jy nie luister en gehoorsaam is nie, dan is die kruis te swaar, en onverstaanbaar en dit skaaf jou en maak jou net seer.<\/p>\n<p>Maar wat kies jy? Maklik of moeilik? Dit word maklik en lekker wanneer ons net wil luister en gehoorsaam wil wees. \u2018n Kind kry seer (groei pyne) baie keer omdat hy\/sy nie wil luister na die waarskuwings van die pa \/ ma nie.<\/p>\n<p>Wat kies jy nou? Luister eerder na die Woord, veral dit wat deur die knegte van God aan jou oorgedra word, want dit is woorde van lewe. Maak dit vir jouself net maklik en geniet die se\u00ebninge van God wat Hy oorvloedig uitstort oor diegene wat hul kruis opneem en Hom volg.<\/p>\n<p>Mag jy \u2018n gese\u00ebnde dag en week verder h\u00ea! Amen!<\/p>\n<\/p>\n<div class='wp_likes' id='wp_likes_post-671'><a class='like' href=\"javascript:wp_likes.like(671);\" title='Like' ><img data-recalc-dims=\"1\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.galmin.co.za\/blog\/wp-content\/plugins\/wp-likes\/images\/like.png?w=750&#038;ssl=1\" alt='' border='0'\/><\/a><span class='text'><b>8<\/b> people like this post.<\/span><\/p>\n<div class='like' ><a href=\"javascript:wp_likes.like(671);\">Like<\/a><\/div>\n<div class='unlike' ><a href=\"javascript:wp_likes.unlike(671);\">Unlike<\/a><\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Neem op jou kruis en volg My! Miskien begin jy hier lees en dink by jouself; Agge nee, nie alweer \u2018n stuk oor hierdie afgesaagde storie nie! Is daar nie iets meer opwindends in die Bybel nie? Wanneer die Here Jesus hierdie stelling maak, klink dit so maklik en eenvoudig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"jetpack_post_was_ever_published":false,"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"enabled":false},"version":2}},"categories":[5],"tags":[138],"class_list":["post-671","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-general","tag-kruis-neem-op-die-kruis-waardig-volg-my-verloen-jouself-krag-simon-van-cirene"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_shortlink":"https:\/\/wp.me\/p9rp4V-aP","jetpack-related-posts":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/671","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=671"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/671\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=671"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=671"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=671"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}