{"id":766,"date":"2009-06-24T11:59:12","date_gmt":"2009-06-24T09:59:12","guid":{"rendered":"http:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=766"},"modified":"2009-06-22T20:03:53","modified_gmt":"2009-06-22T18:03:53","slug":"die-loofhuttefees-deel-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.galmin.co.za\/?p=766","title":{"rendered":"Die Loofhuttefees &#8211; Deel 3 &#8211; Die Agtste Dag"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=758\">Kliek hier vir Deel 1 &#8211; Inleiding<\/a><br \/>\n<a href=\"https:\/\/www.galmin.co.za\/blog\/?p=762\">Kliek hier vir Deel 2 &#8211; Die noodsaaklikheid van die viering van die Fees<\/a><\/p>\n<h2>DIE AGTSTE DAG<\/h2>\n<p>En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het JESUS gestaan en uitgeroep en ges\u00ea: \u201cHY WAT IN MY GLO, SOOS DIE SKRIF S\u00ca, STROME VAN LEWENDE WATER SAL UIT SY BINNESTE VLOEI\u201d (Joh 7:37-38).<\/p>\n<p>Maar die groot dag was die agtste dag van die Loofhuttefees.  Maar hoekom het hierdie Fees, in teenstelling met al die ander feeste in Israel, twee Sabatte ingesluit \u2013 \u2018n agtstedag?  Om \u2018n antwoord hierop te vind, moet ons v\u00ear in die verlede gaan soek.<\/p>\n<p>Aan die begin van hulle nasieskap het God aan die volg van Israel opdragte gegee ten opsigte van die feeste wat hulle moes hou.  Slegs drie van die vele feeste en vasdae was verpligtend:<!--more--><br \/>\n\u2022\tPaasfees (\u2018n fees van verlossing)<br \/>\n\u2022\tFees van weke (\u201cShavuot\u201d fees van die eerstelinge van die oes)<br \/>\n\u2022\tSuccot (Loofhuttefees)<br \/>\nVan hierdie drie was \u201cSuccot\u201d die belangrikste \u2013 \u2018n tyd van groot se\u00ebn en vreugde.<\/p>\n<p>Die opdrag ten opsigte van die instelling van Succot is op \u2018n baie eienaardige tydstip aan Israel gegee \u2013 terwyl hulle 40 jaar lank in die son-geteisterde Sinai woestyn rondgeswerf het.  \u2018n Fout? &#8230;&#8230;. nee!!  Dit het hulle geloof versterk dat God hulle, volgens Sy belofte, tog na \u2018n land wat \u201coorloop van melk en heuning\u201d sou bring.  \u2018n Plek wat uiters geskik sou wees vir die viering van die insameling van die oes.  Succot was dus \u2018n profetiese fees.  Dit het plaasgevind aan die begin van die landboukundige jaar wanneer die eerste gebede vir re\u00ebn opgegaan het; re\u00ebn wat, in die Midde-Ooste, die verskil tussen lewe en dood, tussen \u2018n oes en hongersnood, kan beteken.<\/p>\n<p>Toe Israel eindelik die Beloofde land bereik, het die vol hierdie fees gevier gedurende die warm, stil dae van die herfstyd terwyl die aarde besig was om te sink in \u2018n tyd van rus na \u2018n tyd van vrugbaarheid.  Vir \u2018n kort oomblik het die mense vergeet van die lang dae van swaarkry en met dankbare harte gejuig oor God se voorsienigheid vir die winter wat voorgel\u00ea het.<\/p>\n<p>Uit alle dele van die land het hulle in vreugdevolle groepies opgekom na Jerusalem om hulle geskenke na die huis van die Here te bring.  Niemand mag met le\u00eb hande gekom het nie.<\/p>\n<p>In die stad het elke gesin sy \u201cSucca\u201d of hut gebou van die takke van die palm, mirte en die wilgerboom.  Hier het die mans vir sewe dae geslaap.  Terwyl hulle so deur die blare en takke na die menigte sterre kyk, het hulle die woorde van die Psalmdigter herhaal: \u201cEk wil sing tot eer van die Here omdat Hy aan my goed gedoen het.\u201d  (Ps 13:6).  Bedags het die vroue en kinders by die mans aangesluit vir die maaltye in die \u201csucca\u201d en om hulle bevryding van die slawerny in Egipte te herdenk.  Dan het elke man \u2018n \u201clulav\u201d gemaak.  Dit was takke van die pal, mirte en wilgerboom wat aan mekaar gebind is en \u2018n \u201certog\u201d die mooiste van alle sitrusvrugte.  Dit het hy dan gedurende die fees gedra.<\/p>\n<p>Die belangrikheid van die Loofhuttefees, in teenstelling met die Paasfees en die Fees van Weke, is deur min Christene besef.  Hierdie fees is egter van diepgaande betekenis,  gesien in die lig van die toekomstige heerskappy van die Messias.  Dit was gedurende hierdie fees dat Salomo sy groot Tempel in Jerusalem ingewy het, en die manifestasie van God se glorie so oorweldigend was, dat die priesters nie kon bly staan nie.<\/p>\n<p>Die Jode wat in Babilon in ballingskap was, het na Israel teruggekeer, gelei deur Serubbabel, en is weer opnuut deur Esra onderrig in die Skrif tydens \u201cSuccot\u201d.  Later het die Pelgrimsvaders van Amerika, ge\u00efnspireer deur hierdie Fees, \u2018n dag van \u201cDanksegging\u201d ingestel.<\/p>\n<p>Deel 4 &#8211; Die koms van Jesus &#8211; Beskikbaar op 25 Junie @12:00<\/p>\n<div class='wp_likes' id='wp_likes_post-766'><a class='like' href=\"javascript:wp_likes.like(766);\" title='Like' ><img data-recalc-dims=\"1\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/i0.wp.com\/www.galmin.co.za\/blog\/wp-content\/plugins\/wp-likes\/images\/like.png?w=750&#038;ssl=1\" alt='' border='0'\/><\/a><span class='text'>1 person likes this post.<\/span><\/p>\n<div class='like' ><a href=\"javascript:wp_likes.like(766);\">Like<\/a><\/div>\n<div class='unlike' ><a href=\"javascript:wp_likes.unlike(766);\">Unlike<\/a><\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kliek hier vir Deel 1 &#8211; Inleiding Kliek hier vir Deel 2 &#8211; Die noodsaaklikheid van die viering van die Fees DIE AGTSTE DAG En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het JESUS gestaan en uitgeroep en ges\u00ea: \u201cHY WAT IN MY GLO, SOOS DIE SKRIF [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"jetpack_post_was_ever_published":false,"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"enabled":false},"version":2}},"categories":[6],"tags":[260],"class_list":["post-766","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-inzpired","tag-loofhuttefees"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_shortlink":"https:\/\/wp.me\/p9rp4V-cm","jetpack-related-posts":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/766","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=766"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/766\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":789,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/766\/revisions\/789"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=766"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=766"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.galmin.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=766"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}