Weereens wil ek dit onomwonde stel dat ek die grootste respek en waardering het vir mense se geloof en oortuigings, en dat die skrifontleding nie ten doel het om mense aan te val nie, maar bloot om lering vanuit die Woord van God uit te lig. Ek glo in die Skrif wat die volgende verklaar:
- “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”. (2Ti 3:16-17)
- “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;….(Hos 4:6)
Die feit dat ek sekere kerk tradisies en geloofsartikels en die viering van spesifieke dae vanuit ons geskiedens bevraagteken, beteken nie dat ek ‘n verraaier of minder Afrikaner bloed in my het nie. Inteendeel, ek het ‘n verwagting in die Here Jesus om vir Hom ‘n nuwe volk in Suid Afrika bymekaar te maak wat Hom in Gees en Waarheid sal soek en aanbid vir wat en wie Hy is en nie volgens oorleweringe en ou tradisies nie. ‘n Bruid wat die onderskeidingsvermoë het om te kan onderskei tussen reg en verkeerd en wat bereid is om te dien en nie gedien te wil word nie. ‘n Bruid wat die opdrag van God duidelik verstaan en bereid is om die boodskap van versoening (Rom 5) ook na alle nasies sal uitdra. Ongelukkig is dit so dat die Kerk haar onderskeidingsvermoë verloor het en volg allerhande “gimmicks” na in plaas van die Gees van die Here.
U sal ook opmerk dat ek baie vrae stel – juis met die doel daarmee om nuwe denke te stimuleer en sodat uself u eie antwoorde daarvan kan ondersoek en vind.
Hoe staan die saak met die viering van Geloftedag op 16 Desember
Die Gelofte van 16 Desember (volgens Wikipedia):
“Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ʼn gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy: ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ʼn dankdag soos ʼn Sabbat sal deurbring; en dat ons ʼn huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee”.
Ek glo die Voortrekkers wat die gelofte gemaak het, het vas in God geglo – nie net vir hul uitkoms op die dag nie, maar vir elke dag voor die tyd asook na die tyd. In dieselfde konteks soos in Deel 1 bespreek, kan ons dan ook die gelofte wat op die dag van Bloedrivier gemaak was so ontleed. Die spesifieke groep Voortrekkers het:
- Die gelofte met God gemaak;
- Dit was voorskriftelik en het sekere verwagtinge gestel;
- Dit was gemaak tydens spesifieke omstandighede van groot vrees en nood;
- Daar was ‘n baie duidelike vyand ter sprake;
- En dit het ‘n teen-prestasie ingesluit – wat nie net op hulself nie, maar ook aan hulle nageslag verbind was.
En geskiedenis stel die feite dat God se naam verheerlik is en dat Sy Woord getrou is – vir die wat in Hom glo!
Die probleem wat bestaan romdom Geloftedag vandag (reeds die afgelope 30 jaar):
- Het te veel polities geraak waar die regerende party deur die opposisie partye (en vice versa) as die vyand afgemaak is in toesprake op sodanige vierings;
- Dat kerkgroepe en individuele faksies ook die dag gebruik om persoonlike agendas te verkondig en die massas probeer opsweep teen die “vyand” in die land terwyl bitter min dank aan God gebring word ter herinnering van die groot verlossing wat God bewerkstellig het aan dié wat in Sy Naam geglo het;
- Die Voortrekker Monument wat opgerig is jare later ter herdenking van die slag van Bloedrivier is deur die Vrymesselaars gekaap en is niks anders as ‘n altaar van son aanbidding nie. Dit is nie ‘n “huis” in die sin van ‘n kerkgebou waar gereeld dienste tot eer van God gehou word nie. Baie kerkleiers is deeglik hiervan bewus maar verkies om die feite te ignoreer;
- ‘n Persoonlike bekommernis wat ek koester rondom die spesifieke gelofte (soos verkry op die Webblad), is dat daar so in die algemeen na die God van hemel en aarde verwys word en nêrens word Jesus Christus se Naam vermeld nie. Dit wil vir my voorkom asof die gelofte afgelê is in die “afwesigheid” van God – asof Hy nie in hul midde was nie want hulle het Hom nie direk geadresseer nie. Die Skrif leer ons tog dat ons alles in die Naam van Jesus Christus moet vra.
By die pas afgelope Geloftedag viering by die Voortrekker Monument, het Ds Thomas Dreyer van die Hervormde Kerk (Wapadrand) gevra of die Geloftedag nog relevant is. Miskien moes die vraag gewees het: Is die Gelofte wat afgelê is enigsins skriftuurlik en kan dit op ons vandag van toepassing gemaak word?
Die vraag word dus nou pertinent gevra:
Kan iemand ‘n gelofte aan God doen en dan sy en ander mense se nageslag (wat eintlik geen deel hieraan het nie) vasmaak om dit deur die geslagte te MOET vier? Terwyl (more…)
5 people like this post.