BosveldStereo bied ‘n “Blikkiesfees” aan by Laerskool Brits op Saterdag 2 Junie ten bate van welsyn.  Ingangsfooie beloop R10 per persoon en ‘n blikkie kos wat jy moet bring.  Dit begin om 10:00 tot ongeveer 17:00 en verskeie bekende sangers gaan ook daar optree. 

Omdat dit ook vir ‘n goeie doel is, het Galilee besluit om ons eie stalletjie daar op te slaan en die dag daar deur te bring   Die doelwit is om:

  • Groter bekendstelling en blootstelling te bereik vir ons Visie en Missie, webbladsy en verwante dienste (soos kursusse, ens) wat aangebied word;
  • Die nuwe Binah Gevorderde Bybel Kollege bekend te stel;
  • Bybels (verskeie tale) aan mense uit te deel wat nie een het nie asook verskeie traktate;
  • Mense wat ‘n behoefte het aan gebed net daar en dan onder die tent te bedien;
  • ‘n Woord van aanmoediging aan diegene te gee wat moeg is en te inspireer vir nuwe moed en krag;
  • Ballonne en lekkers aan die kinders uit te deel wat die stalletjie besoek;
  • En om net dit te doen soos wat die Here dit op die spesifieke oomblik aan ons oordra. 

Ons gaan nie enige iets verkoop om fondse in te samel nie, inteendeel, ons gaan meer met die gedagte om beskikbaar te wees vir iemand wat Jesus se liefde op  die spesifieke oomblik nodig het.  Om ‘n warm handruk en ‘n “hug” te gee waar nodig.  Om te sê “Jesus het jou nog steeds lief” .

Indien jy in die omgewing van Brits is, kom loer gerus in en kom groet ons in die liefde van Jesus.  Sien uit om jou te ontmoet. 

 

 

 

2 people like this post.

Categories: InZpired

1 Comment

Eric · February 18, 2014 at 12:40 pm

Hallo San-Mare,

Sorry for only replying now to your request. Unfortunately we did not organize the “Blikkies Fees” but only attended it once.

You can call Radio Bosveld Stereo to find out more as they are the organizers of the event.

Regards,

Past Eric Heath

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *